‘Nie vir wins, maar vir kuns’

Kristien Kruger
Die talentvolle plaaslike musikant en sanger, Vaughn Ahrens, sê hy is gereed om sy kreatiwiteit en musiekvernuf aan te wend om Afrikaanse musiek te skep.

“Ek wou nog altyd ’n Afrikaanse projek aanpak; ’n projek wat nie enige perke het nie. Iets wat nie noodwendig vir wins is nie, maar net vir die kuns daarvan,” vertel hy.

Vaughn beplan om dié opwindende nuwe projek heeltemal buite sy huidige musiekgroep te doen en ook onder ’n ander naam.

“Ek wou nog altyd ’n projek aanpak wat totaal en al verskillend is van my huidige projek. Iets wat meer van ’n common thread het wat deur al die musiek hardloop.”

“Folk was my eerste liefde en Afrikaans my eerste taal, so ek het gedink dit sal ’n goeie marriage tussen die twee wees.”

Hy vertel die Afrikaanse musiek sal soortgelyk wees aan musiek soos dié van die Britse folk-rock-groep, Mumford & Sons.

Vaughn speel talle instrumente en is ’n meester as dit kom by kitaar en enige instrumente met snare. Hy is opgewonde om die verskillende klanke aan te wend om sy Afrikaanse musiek te skep.

Hoewel Vaughn nie die projek met ’n tydlyn wil belas nie, het hy Republikein verseker dat dit nog vanjaar ’n werklikheid sal word.

“Ek wil nie druk daarop plaas nie – ek wil myself vry hou om kreatief te wees.”

Vaughn is ’n musikant met ’n besige skedule vol optredes. Hy is ook gedurig besig om te skep en nuwe musiek vry te stel.

Die inspirasie agter Vaughn se jongste kortalbum Sub Saharan, was volgens hom sy reise saam met sy groep deur suidelike Afrika. Hy het die afgelope jaar plekke soos Zimbabwe, Mosambiek en Tanzanië besoek.

Vaughn het onlangs in ’n onderhoud met unWrap.online gesê dat hierdie ervarings sy begrip van verskillende kulture verdiep en sy perspektief as kunstenaar verryk het.

Vaughn het Saterdag vir sy verjaardag by die Goodfellas-restaurant in die hoofstad opgetree. Dit was volgens hom nie vir geld of blootstelling nie, maar eenvoudig omdat hy dit geniet.

Hy sal ook op Vrydag 26 April by die KosMOS-musiekfees by die Wanderers Sportgronde in Windhoek optree. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!