NTF wil Namibiese kunste na die wêreld neem
Waarde van plaaslike verhale word 'misgekyk'
Die uitvoerende hoof van die handelsforum het gesê wanneer handelstrategieë deur die Afrika-vryhandelgebied (AfCFTA) vir Namibiese goedere bespreek word, word plaaslike skrywers dikwels oor die hoof gesien.
Elizabeth Joseph - Die land se agentskap vir handelsbevordering sê daar is ’n behoefte om die bevordering van Namibiese kunste te versterk om ’n plek in die internasionale domein in te neem.
Dit was die standpunt van die Namibië Handelsforum (NTF) die afgelope Vrydag tydens ’n gesprek tussen rolspelers in die private en openbare sektor – waar skrywers, uitgewers en openbare instellings hulle outentieke Namibiese werke gedeel het en beraadslaag het oor hoe om ’n voet in die deur van die globale mark te kry.
WONDERLIKE VERHALE
Stacey Pinto, die uitvoerende hoof van die NTF, het Vrydag gesê wanneer handelstrategieë deur die Afrika-vryhandelgebied (AfCFTA) vir Namibiese goedere bespreek word, word plaaslike skrywers dikwels oor die hoof gesien en bygevoeg dieselfde benadering moet vir hulle gevolg word as wat vir die veesektor gebruik word.
“Ons dink en bespreek dikwels maniere hoe om produkte soos beesvleis uit Namibië na ander lande uit te voer, maar soms kyk ons die waarde mis wat in die verkoop van ons outentieke Afrika-stories lê en watter soort bedryf en potensiaal dit vir ons skrywers ontsluit,” het Pinto gesê.
"Namibië het wonderlike verhale om te vertel, en hierdie dialoog sal help om met Namibiese skrywers en outeurs te kommunikeer en vanuit ’n beleidsperspektief uit te vind hoe ons Namibiese werke in Afrika sowel as wêreldwyd kan begin bevorder," het sy bygevoeg.
In 2021 het die ministerie van nywerheidsontwikkeling en handel – deur die NTF en verskeie ander rolspelers – die Buy Local, Grow Namibia-veldtog van stapel gestuur, wat daarop gemik is om ’n “florerende plaaslike mark te skep deur die potensiaal van plaaslike besighede te maksimaliseer en hul markaandeel te vergroot”.
WêRELDWYE SIGBAARHEID
By die geleentheid het die adjunkminister van jeug en sport, Emma Kantema-Gaomas, plaaslike skrywers aangemoedig om “by die AfCFTA betrokke te raak deur geleenthede te identifiseer en hul plek in die waardeketting te verseker, wat bydra tot die volhoubaarheid van ons ekonomie”.
Sy het benadruk dat die handelsministerie onlangs die nasionale strepieskodestelsel bekend gestel het, ’n grensverskuiwende stap vir wêreldwye erkenning van Namibiese produkte.
“Die stelsel, wat produkte se kode aan die begin met ’n duidelike 631 merk, sal Namibië se uitvoerpogings ’n hupstoot gee deur sy goedere in die internasionale mark te onderskei. Hierdie inisiatief is daarop ingestel om Namibië se globale handelssigbaarheid te vergroot en sy uitvoervermoëns te versterk.”
SPAN SAAM
Sy het gesê Buy Local, Grow Namibia “is meer as net ’n veldtog. Dit is ’n versoek vir ons om saam te span om ons eie hulpbronne te benut, ons eie talente te erken en ons eie intellektuele rykdom te kweek”.
Sy het bygevoeg alle rolspelers moet daarna streef om die gaping tussen plaaslike produkte en literêre stukke en die globale mark te oorbrug.
Pinto het beklemtoon dat die dialoog partye sal help om insette vir die forum in te samel om voor te lê en beleidskeppers sal toelaat om betrokke te raak.
“Dit sal ruimte skep vir beleidskeppers om besluite te kan neem wat marktoegangverwante kwessies vir Namibiese skrywers en literêre werke verbeter,” het Pinto gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie