Glen-nora Tjipura. Foto Facebook
Glen-nora Tjipura. Foto Facebook

NTV-persoonlikheid van die week: Glen-nora Tjipura

Die nuusprogram NMH@1 bring aan Namibiërs daaglikse nuus uit alle uithoeke van die land en verder!

Die program is daarop gemik om die werkersklas en die Namibiese gemeenskap in te lig oor die jongste nuus tydens hul middagetebreek. Dit bevat onder meer ’n segment wat die belangrikste nuusgebeure in ons plaaslike koerante uitlig, wat enigeen wat dalk nie die tyd gehad het om die koerante te lees nie, in staat stel om steeds op hoogte van die nuusstroom te bly.

Dié program, aangebied deur Glen-nora Tjipura, word elke weekdag om 13:00 regstreeks op Namibia Media Holdings (NMH)-publikasies soos Republikein en Namibian Sun se sosiale media-platforms soos Facebook uitgesaai en kan ook op YouTube gekyk word.

Glen-nora het aan die einde van 2021 by die NMH-span aangesluit en sê haar ervaring tot dusver is “ongelooflik” en skep vir haar ruimte om werklik in haar rol as aanbieder te groei.

Sy vertel een van die uitdagings wat sy as aanbieder ervaar, is om konstant op die hoogte te bly van plaaslike en internasionale nuus. Selfvertroue voor die kamera is ewe belangrik, maar hoe meer sy voor die kamera verskyn, hoe gemakliker is sy daarmee.

Behalwe vir haar betrokkenheid by NMH is Glen-nora ook ’n akteur, skrywer en regisseur.

In haar vrye tyd bring sy graag tyd saam met familie en vriende deur, of lees ’n goeie boek. Sy hou ook daarvan om aktief te wees, hetsy in die gimnasium of met ’n joga- of stapsessie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!