Medeline Gases. Foto argief
Medeline Gases. Foto argief

NTV-persoonlikheid van die week: Medeline Gases

Help Namibiërs om liefde te vind
Die NMH-joernalis Medeline Gases vertel meer oor die gewilde aanlyn program Ohole So Nice.
Ohole So Nice, nou in sy vierde seisoen, is Namibië se eerste blitsafspraak-uitsaaiprogram. Dié program aangebied deur Medeline Gases word weekliks gebeeldsend op My Zone se sosiale media-platforms soos Instagram en Facebook.

Gases het die konsep verduidelik en gesê die programleiers kies ’n enkellopende meisie of ou. “Hierdie persoon gaan op ’n reeks afsprake – altesaam vier. Sodra hulle hul vierde afspraak voltooi, kies hulle iemand wat die beste by hulle pas of met wie hulle die meeste in gemeen het en gaan op ’n afspraak waarvoor die maatskappy (NMH) betaal,” vertel sy.

Gases sê wat dit lekker maak om ’n maatsoekprogram aan te bied, is om nuwe mense te ontmoet wat haar aan verskillende perspektiewe blootstel. “Ek vind daardie aspek van die program baie interessant, want dit daag my sienings oor verskillende onderwerpe uit.”

INHOUDSKEPPER

As sy nie op die stel van Ohole So Nice is of haar joernalistieke pligte nakom nie, geniet Gases dit om haar eie kreatiewe inhoud te skep.

“Ek het my eie YouTube-kanaal waar ek my ander belangstellings soos mode, leefstyl en reis dokumenteer. So, ek doen meer ‘vlogging’ op my persoonlike platform.”

Sy sê haar YouTube-kanaal is ’n platform vir haar lesers en kykers om met haar persoonlike lewe tred te hou.

VOLGENDE HOOFSTUK

Sy het verklap dat sy na vier seisoene as aanbieder van Ohole So Nice voel dis tyd om ander weë te verken, en sal dus nie die program se volgende seisoen aanbied nie.

“Ek sal steeds as vervaardiger by die program betrokke wees; ek sal net nie die aanbieder wees nie. Hou hierdie ruimte dop om uit te vind wie ons nuwe aanbieder gaan wees.”

Soek jy liefde? Doen aansoek om op die program te verskyn deur op Instagram ’n direkte boodskap aan My Zone te stuur.

“Ons plaas gewoonlik ’n uitnodiging aan vrygeselle op Instagram, so dit is die beste om dan jou kans te waag,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!