Nuut op die rak: Namibiese literêre grotes bring nuwe leesstof
Die jongste van verskeie Namibiese literêre gunstelinge sorg vir die nuutste boekgenot.
Zirk van den Berg se Hemel en Aarde en Ons vertel die storie van die dokter Alexandra Stackelberg wat met haar aankoms in die myndorp Kolmanskop – kort voor die Eerste Wêreldoorlog – ten doel het om gesondheidsorg by die myn waar sy werk met ’n nuwe uitvindsel te verbeter. In haar pogings om dit te bewerkstellig stamp sy koppe met die myn se baas en hulle sukkel om hul onderskeie doelwitte tot ’n ontmoetingspunt te bring. Dr. Stackelberg is in haar denke ֹ’n vrou voor haar tyd en moet haar voete in die dorre en leë landskap van die destydse Duits-Suidwes-Afrika vind. “Hier is dit net hemel en aarde en ons,” sê haar karakter op bl. 180.
Die resensent Francois Bekker beskryf vir Netwerk24 Van den Berg se jongste werk as “’n sublieme stuk prosa met woorde wat skitter soos edelgesteentes”.
In haar nuutste boek, Love and Fury: A memoir, deel die skrywer Margie Orford ’n blik in haar verlede en die gebeure wat haar pad bepaal het. Sy deel hoe ’n meisie wat in Walvisbaai vermoor is steeds lewe as die tweelingsussie van haar gewilde karakter, Clare Hart, en hoe fiksie haar ’n mag oor die wêreld gee wat sy nie in haar loopbaan as joernalis kon vind nie. Love and Fury word op 9 April in Windhoek vrygestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie