Nuwe Afrikaanse lagreeks in nuwe jaar op kykNET
’n Nuwe Afrikaanse komediereeks wat gegrond is op die gelyknamige kykNET-storierolprent Magda Louw, is van vroeg in die nuwe jaar op die kanaal te sien.
Die Safta-bekroonde aktrise Desiré Gardner is die skrywer en vertolk ook die titelrol, terwyl die Kwêla-aanbieder Hannes van Wyk die ander hoofrol speel.
Magda Louw belowe om ’n “skatkis van vars en unieke” Afrikaanse humor na die kassie te bring, luidens ’n verklaring.
Dit volg die storie van Magda en haar man, Erhard (Van Wyk), wat deelneem aan ’n werklikheidsreeks waar ’n kameraspan hulle volg om hul daaglikse lewe en ’n paar onverwagse kinkels en kabels te dokumenteer.
Gardner, wat lesers sal herken vir haar rol as Carmen in Suidooster, het Magda Louw aanvanklik as ’n eenvroustuk geskep en dit is in 2021 as ’n storierolprent ontwikkel.
Die veelbekroonde aktrise en vervaardiger Cintaine Schutte, onder meer bekend om TV-rolle in Phil 101 en Die Byl, speel Magda se dogter, Gertrude.
Die akteur, regisseur en skrywer Bennie Fourie (Vir die voëls), wat veral op komedie toegespits is, speel Magda se seun, Baltus.
Gershwin Mias (Ellen: The Ellen Pakkies Story) is die kameraman Shaun, wat die Louws volg en wat diep in Magda se hart kruip.
Ander bekende akteurs wat verskynings maak, is Shimmy Isaacs, André Weideman, Margit Meyer-Rödenbeck, Wynand Kotze, Elzet Nel en Mandri Sutherland.
Magda Louw bied volgens Gardner tong-in-die-kies en knop-in-die-keel perspektief op die onvermydelike, soos oudword, tyd en hoe magteloos ons is om dit te keer.
“Dit gee ook ’n blik op die uitdagings wat ma-wees bied, huweliksprobleme, hoe om jou lewenspad saam met een mens te stap, menopouse, die uitdagings van die middeljare, jaloesie en Botoks.”
Sy sê dit was een van die lekkerste ondervindinge van haar loopbaan om Magda te speel.
“Ek het dit so geniet om ’n karakter, wat ek al so lank ken, te speel en ook om te sien hoe my mede-akteurs lewe gee aan die ander karakters wat ek op papier vasgepen het.”
“Maak nie saak wat jy doen nie, hoe mooi jy oud word, hoe gesond jy leef of hoe baie ons van mekaar verskil nie, een ding is vir seker: ons almal word oud. En ons is almal net tydelik hier, terwyl ons almal sukkel om elke oomblik te waardeer en werklik te ervaar.”
Kykers kan op Sondag, 4 Desember op die kykNET-program Bravo! ’n blik agter die skerms kry van hoe Gardner en Van Wyk vir hul karakters “ouer gemaak” word.
Magda Louw begin op 2 Januarie 2023 om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, vir 13 episodes.
Bron: Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie