Nuwe kuns pronk by Project Room

Die kunstenaar Urte Remmert se jongste solo-uitstalling, Threads that Bind – A colourful tapestry of human interrelation, open vandag om 18:00 by die Project Room-galery.

“Die kleurvolle drade wat ek in my nuutste kunswerke gebruik, het dieselfde funksie: Om mense te bind, hulle te verbind, deurkruis en saam te knoop tot ‘n web van ervaring en samehorigheid,” vertel Urte oor dié versameling.

Die versameling portrette sluit in die gesigte van diegene wat ’n blywende impak op kunstenaar se daaglikse lewe het, asook dié van toevallige kennisse wat ‘n indruk op haar gelaat het.

“Hierdie praktyk van teken op handgemaakte papier, stik, knoop, inryg, kombineer, weef en sorteer, herinner my aan die ligtheid van kinderjare, sing, speel, uitvind en dink,” voeg sy by.

Threads that Bind kan vanaf vandag tot 1 Oktober by The Project Room se uitstalruimte by Julius Nyererestraat 30 in Windhoek besigtig word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!