Nuwe Namibiese dokumentêr op die kassie

Eden se beskermengele binnekort op kykNET
Die film wys die merkwaardige prestasies van plaaslike veldwagters, gemeenskapslede en natuurbewaarders ten opsigte van wildbewaring.
STAFF REPORTER
Dokumentêre films en reekse word plaaslik en wêreldwyd toenemend gewild omdat kykers 'n groeiende belangstelling in die storie agter die storie het. Namibiërs kan hierdie maand uitsien na ’n eg-Namibiese dokumentêr wat op kykNET (DStv-kanaal 144 en GOtv-kanaal 15) uitgesaai sal word.

Op ’n kontinent wat sukkel met die verwoestende gevolge van stropery en die konflik tussen die behoeftes van mense en die natuur, staan Namibië uit as ’n baken van hoop. Dit is ook ’n inspirerende voorbeeld van die onskatbare bydrae wat gemeenskapsgeleide bewaring kan maak.

Hierdie dokumentêr bekyk Namibië se baanbrekende bewaringspogings van nader en stel die kyker voor aan toegewyde voogde van drie bewaarareas regoor hierdie uitgestrekte en ongerepte land. Deur hulle oë sien ons die dringende lot van die wêreld se mees verhandelde soogdier, die ietermagô, en die laaste oorblywende, vrylopende swartrenosters, waarvan die getalle steeds krimp.

Eden se beskermengele vier nie net die merkwaardige herlewing van sekere wildspesies nie, maar vertel ook 'n hartroerende verhaal van plaaslike gemeenskappe wat hul rol as beskermers van die land ernstig opneem. Kykers ervaar hul onvermoeide pogings om bedreigde spesies te beskerm en die natuurlike erfenis vir toekomstige geslagte te bewaar.

"Toe ek die reis aangepak het om hierdie dokumentêr te skep, was ek gedryf deur 'n diep gevoel van verwondering vir die buitengewone bewaringspogings in Namibië," het Jana von Hase, regisseur, gesê.

Volgens haar bring hierdie dokumentêr hulde aan die ontembare gees van plaaslike gemeenskappe wat saamgekom het om die narratief van bewaring in Afrika te herskryf.

“Die film wys die merkwaardige prestasies van plaaslike veldwagters, gemeenskapslede en natuurbewaarders, wat onvermoeid werk om dit moontlik te maak. Deur hul stories en die asemrowende kinematografie sien ons hoe Namibië 'n toevlugsoord geword het waar wild nie net oorleef nie, maar floreer."

Eden se beskermengele word op 5 Oktober om 20:00 op kykNET uitgesaai.

WILGENHOF-DOKUMENTÊR

Die dokumentêr oor die bekende manskoshuis van die Universiteit Stellenbosch (US) is ook binnekort op die kassie. Dié koshuis is sedert Februarie in die nuus ná daar foto’s van twee kamers in die koshuis versprei is. Die kamers was gevul met ontstellende artefakte en gerugte het begin loop oor verdagte aktiwiteite wat oor dekades daar gebeur het.

In die volgende ondersoekende program in die Onthul-reeks word daar gepoog om uit te vind wat werklik in Wilgenhof gebeur het. Daar gaan onder meer gekyk word na kwessies soos tradisie, die sogenaamde “woke”-kultuur wat alles aan die groot klok wil hang, toksiese manlikheid en of die US se strewe na ’n totaal inklusiewe omgewing nie uiteindelik ’n strewe na identiteitsloosheid is nie. Dit is ook duidelik dat die twee kampe beide rigied en onwrikbaar is en nie die ander se saak wil insien nie.

Van die deelnemers aan die program is die joernaliste Adriaan Basson en Jo Prins, die grondwetkenner prof. Pierre de Vos, die sielkundige Anton Böhmer, prof. Vasti Roodt, asook voormalige Wilgenhoffers soos Neels van Jaarsveld, Samore Menze en Louis van der Riet.

Onthul – Wilgenhof: Trauma of tradisie? is deur Idea Candy vervaardig. Die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh, die regisseur Nina Swart en die vervaardiger Wynette Theart het agter die skerms gewerk. Die dokumentêr word op 6 Oktober om 20:00 op kykNET uitgesaai.

Bron: kykNET

Kommentaar

Republikein 2024-10-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford | West Bromwich Albion 0 vs 1 Middlesbrough | Sunderland 2 vs 0 Derby County | Queens Park Rangers 1 vs 3 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Leeds United | Luton Town 2 vs 2 Oxford United | Coventry City 3 vs 0 Blackburn Rovers | Cardiff City 1 vs 0 Millwall FC | Burnley 1 vs 0 Plymouth Argyle English Championship: Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford | West Bromwich Albion 0 vs 1 Middlesbrough | Sunderland 2 vs 0 Derby County | Queens Park Rangers 1 vs 3 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Leeds United | Luton Town 2 vs 2 Oxford United | Coventry City 3 vs 0 Blackburn Rovers | Cardiff City 1 vs 0 Millwall FC | Burnley 1 vs 0 Plymouth Argyle #N/A Currency: GBP to NAD 22.91 | EUR to NAD 19.16 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.3 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.49 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1869.13 Down -1.42% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14154.97 Up +0.93% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 647.57/OZ DOWN -0.0031 | Copper US$ 4.55/lb UP +0.62% | Zinc US$ 3 187.80/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 79.80/BBP UP +1.68% | Platinum US$ 989.02/OZ DOWN -0.0034 #N/A