Oekraïense rolprentfees gaan voort
Die Oekraïense rolprentfees, wat vroeër vandeesmaand afgeskop het, gaan vanaand voort met ’n vertoning van prominente Oekraïense kortfilms oor verskeie onderwerpe wat ’n rol speel in vandag se wêreldagenda.
Die fees, wat deur die nieregeringsorganisasie Namibia for Ukraine van stapel gestuur is, het sy halfpadmerk verlede week verbygesteek met twee suksesvolle fliekaande wat reeds afgehandel is.
Vanaand (20 Julie) word vier kortflieks oor verskillende aktuele onderwerpe – vrouebemagtiging, LGBT-kwessies, oorlog en identiteitskrisis – by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) vertoon. Dié flieks is Women Who Play, Unavailable, Chacho en In Joy, and Only In Joy.
Net ná die vertoning volg ‘n paneelbespreking met verteenwoordigers van die plaaslike kreatiewe gemeenskap (Philippe Talavera, Adriano Visagie, Dennis Schroeder en Michelle Isaak) oor die rol van kuns in toekomstige geweldvoorkoming en vredesbestuur.
Daar sal ook ’n lewendige musiekoptrede en ’n uitstalling deur ’n Oekraïense kunstenaar wees.
Die geleentheid begin om 18:00 en toegang by die FNCC is gratis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie