Oktoberfest-pret dié naweek
Namibia Breweries (NBL) bied vanjaar die 63ste uitgawe van die Windhoek Oktoberfest aan, met ’n heerlike kuier wat Vrydag en Saterdag (27 en 28 Oktober) by die Sport Klub Windhoek (SKW) op feesgangers wag.
Die Oktoberfest beloof weer om op albei aande ’n opwindende mengsel van tradisionele Duitse speletjies en vermaak vir feesgangers van alle ouderdomme te bied.
Die program sluit ook die wêreldberoemde oorspronklike Oktoberfest-orkes van München, Die Kirchdorfer, in asook ’n blitsvertoning deur die Jägermeister-blaasorkes in.
Plaaslike kunstenaars sal ook op die verhoog te sien wees, insluitend die Roctober Dancers, Yola B, Riaan Smit en Gareth Harvey.
Peter Simons, die besturende direkteur van NBL, is opgewonde oor die geleentheid en het ieder en elk genooi om deel te neem aan die pret.
Kaartjies vir Oktoberfest is by Pick n Pay-winkels landswyd beskikbaar of kan aanlyn via webtickets.com.na gekoop word. Kaartjies kos N$150 vooraf (of N$200 by die hekke), terwyl naweekkaartjies vir volwassenes N$280 kos. Kaartjies vir kinders van 6 to 17 jaar kos N$50 (vooraf en by die hekke), en kinders onder vyf kan gratis ingaan. BBP-tafels vir die geleentheid kos N$12 500.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie