Olaf-kunstefees is terug

Windhoek skud vere reg vir tweede aflewering
Yandi Du Plessis
Die tweede aflewering van die Otjomuise Live Arts Festival (Olaf) – wat deur die Goethe-Instituut en die Nasionale Teater (NTN) aangebied word – skop môre (14 Oktober) in die hoofstad af en duur tot Saterdag 22 Oktober.

Luidens ‘n mediaverklaring wat die organiseerders van die fees vandeesweek uitgereik het, is Olaf grotendeels begin weens die ontoeganklikheid van verskeie artistieke platforms vir die meerderheid van Windhoek se inwoners. Dié platforms is dikwels beperk tot binnenshuise ruimtes en – by tye – ontoeganklike gebiede van die stad.

Die naam Otjomuise is afgelei van die Otjiherero-naam vir die hoofstad, wat “plek van stoom” beteken. Die naam weerspieël nie net die stad se unieke omgewingskarakter nie, maar ook sy ryk erfenis en kreatiewe invloed op sy diverse groep inwoners. Die fees het uiteindelik ten doel om by te dra tot 'n stadslewe wat dinamiese en toeganklike lewendige kunsvorme vir kohesie, kollektiewe refleksies en verligting moontlik maak.

“Olaf het ten doel om as ‘n brug tussen die stadslewe en die kunste te dien deur geleenthede te bied vir lewendige kunsvorme om in Windhoek se openbare ruimtes ten toon gestel en/of uitgestal te word”, lui die verklaring verder.

Die fees word vanjaar vir die tweede keer aangebied en skop eerskomende Vrydag by die Windhoek Teaterskool af - waar die uitvoerende direkteur van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, die hoofrede sal lewer.

Die openingsgeleentheid sal optredes deur die Old Lokasi Cultural Troupe (onder leiding van Rosa Namises), Sven-Eric Müller, Tapuwanashe Munyayi, Toivo Paulas, Sebby Ngateya en Ladislau Bengue bied, wat die pas sal aangee vir die uiteenlopende, meeslepende optredes wat die res van die feesweek beloof.

Die finale item op die feeskalender word op 22 Oktober aangebied by Penduka Village wat oor die Goreangabdam uitkyk. ‘n Kunsvlytmark, aktiwiteite vir gesinne en kinders, bootritte, kos, drankies en lewendige optredes deur die Botselo Band, Dielo Drums en Equipped Dance sal die weeklange fees afsluit.

Vanjaar se fees word geborg deur die Frans-Duitse Kultuurfonds, in samewerking met die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC), die NBC, die Nasionale Kunsgalery (NAGN), die afvaardiging van die Europese Unie in Namibië, die Namibiese Kunstevereniging (NAA), die Kollege van die Kunste (Cota), die Universiteit van Namibië (Unam), Penduka Trust en die Equipped Performing Arts and Corporate Affairs Academy.

‘n Volledige program sowel as skakels na die plekke waar die verskeie items gaan plaasvind, is beskikbaar by olafnamibia.com.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 29° Ruacana: 20° | 32° Tsumeb: 19° | 31° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 19° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 26° | 38° Keetmanshoop: 24° | 38° Aranos: 25° | 37° Lüderitz: 18° | 33° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 16° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 34° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 20° | 26° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 27° #REF! #REF!