Ook nuut op die rak

Yandi Du Plessis
Hierdie boeke kan nou by die Namibia Book Market aangeskaf word.

Naturally Nourishing Namibia

In 'n poging om bewustheid oor die belangrikheid van gesonde voeding te kweek, en om 'n praktiese hulpmiddel te verskaf om algemene wanvoeding doeltreffend te takel, het die Duitse ontwikkelingsinstansie (GIZ) se Farming for Resilience (F4R)-projek dié resepteboek saamgestel.

Met die ondersteuning van 'n plaaslike dieetkundige en die Namibiese Sjefsvereniging en verder verryk met resepte wat van oraloor die land ingestuur is, is die disse wat in hierdie unieke kookboek saamgestel is, net so lekker as wat hulle uiteenlopend is. Die belangrikste is dat die resepte slegs basiese kooktoerusting verg – 'n pot/pan en 'n vuur – en is geïnspireer deur inheemse bestanddele en plaaslike produkte wat die kookboek 'n egte Namibiese geur gee.

Skeleton Coast - The dramatic rescue operation of the Dunedin Star

Die skrywer John Marsh het op die ouderdom van 14 oor seevaart-onderwerpe begin skryf. Hy het in sy voorwoord van dié boek geskryf: "Hierdie is die mees merkwaardige skeepswrak- en reddingsverhaal wat oor my pad gekom het in 20 jaar se waterfrontverslaggewing."

Die skip, die Dunedin Star, het in 1942-’43 aan die Skedelkus van die destyds Suidwes-Afrika gestrand.

Met die hulpkreet van die hulpelose mans, vroue en kinders wat op daardie woestynstrand gestrand was, het die mans van die Suid-Afrikaanse vlootmagte, die lugmag, die weermag en polisie en die administrasie vir spoorweë en hawens en selfs die koninklike vloot bymekaargekom om hierdie wonderlike reddingsoperasie te organiseer.

’n Indeks is by hierdie uitgawe gevoeg om die publikasie meer toeganklik vir historici te maak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!