Opwinding wag op fliekvlooie
Skryf in en wen kaartjies
Ster-Kinekor se twee rolprentteaters in Windhoek heropen hul deure op 1 Desember.
Fliekgangers kan binnekort weer die opwinding van die grootskerm beleef wanneer Ster-Kinekor se twee opgeknapte rolprentteaters op 1 Desember weer hul deure open.
Drie persone staan ’n kans om voor die opening twee fliekkaartjies te wen as deel van ons kompetisie #KomOnsGaanFliek.
Dit deur ’n eenvoudige vraag as kommentaar op ons Facebookplasing te antwoord of om #KomOnsGaanFliek na 085 785 6231 te WhatsApp.
Ster-Kinekor het die eienaarskap van die rolprentteaters by die Grove- en Maerua-inkoopsentrums – wat voorheen franchises was – oorgeneem. Beide teaters is sedert September gesluit vir opknappingswerk.
Een van die nuwe toevoegings is splinternuwe selfhelp-skerms.
“Die sale is opgeknap om aan die hoë standaarde van Ster-Kinekor te voldoen,” het Lynne Wylie, Ster-Kinekor se bemarkingshoof, aan Republikein gesê.
’N AAND SAAM MET BEYONCÉ
Fliekentoesiaste kan uitsien na ’n verskeidenheid flieks, insluitend die wêreldwye vrystelling van die langverwagte konsertfliek, Renaissance: A Film by Beyoncé.
Die fliek gee ’n kykie agter die skerms van die bekende sangeres se rekordbrekende Renaissance-wêreldtoer van 56 optredes in 39 stede.
IETS VIR ALMAL
Die ander fliek wat op 1 Desember sal begin draai, is Hunger Games: The Ballad of Songbirds and Snakes.
Hoewel Jennifer Lawrence, wat die hoofrol in die vorige vier flieks vertolk het, nie sal terugkeer vir die nuutste fliek nie, kan daar uitgesien word na ’n rolverdeling wat bekendes en ’n paar minder bekende gesigte insluit.
Viola Davis, bekend vir haar rolle in How to get away with murder en The Help, maak haar verskyning in die fliek, asook Peter Dinklage wat veral bekendheid verwerf het as Tyrion Lannister in die gewilde reeks A Game of Thrones.
Rachel Zegler, wat veral bekend geword het ná haar fliekdebuut as María in Steven Spielberg se musikale verwerking West Side Story, vertolk die vroulike hoofkarakter.
Die superheld-entoesiaste kan gereed maak vir The Marvels – ’n fliek wat vrouehelde in die kollig plaas met die fokus op Captain Marvel wat deur Brie Larson gespeel word.
Die jongeres kan uitsien na Trolls Band Together’ – die derde fliek in die gewilde Trolls-reeks – asook die animasiefliek Wish.
Vir die geskiedenisliefhebbers begin die fliek Napoleon ook vanaf 1 Desember op die grootskerm draai. Die fliek gaan oor die opkoms en val van die ikoniese Franse keiser Napoleon Bonaparte met Oscar-wenner Joaquin Phoenix wat Napoleon vertolk.
Vir diegene wat op soek is na hoendervleis-misterie, is die riller Thanksgiving net vir jou.
“Thanksgiving is groot. Dit is beslis die ‘slasher’ van die jaar en dit is beslis die beste een in jare. ’n Nuwe ‘classic’ wat uit die goue era van ‘slashers’ geruk is,” het ’n fliekganger op die webplatform Rotten Tomatoes gesê.
RAAK ’N KLUBLID
Wil jy meer gaan fliek? Die beste manier is dan om gratis by die Ster-Kinekor-klub (SK CLUB) aan te sluit.
Klublede kan op Dinsdae kaartjies teen halfprys koop en kry ’n gratis fliekkaartjie op hul verjaardag, asook ander belonings. Fliekgangers kan aanlyn aansluit by sterkinekor.com.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie