Otjiwarongo hou weer karnaval
Vir die laaste keer dié jaar mag die narre uitkom voor die 2022-karnavalseisoen in Namibië sluit. Die Otjiwarongo-karnavalklub hou die afsluiting vanaf môre tot 17 September.
Die 66ste karnaval word onder die tema “Maskers val, kurke klap” gevier. Die regerende koninklike egpaar, prins Hauke van die Verre Ooste (Eichhoff) en prinses Steffi van die Wilde Weste (Kreiner), nooi almal hartlik uit om die geleentheid saam te kom vier. Tydens die Prinsenbal wat môre aangebied word, sal die duo ná drie jaar aan bewind, die septer aan die volgende koninklikes oorhandig.
Die internasionale aand vind Vrydag plaas en Saterdag kan die kleintjies die Kika vanaf 11:11 geniet. Op 16 September word die Büttenabend gevier en die volgende dag is die straatoptog wat vanjaar by Midway Shell begin. Daarna is die afskeidspartytjie tot die laaste persoon huis toe gaan. Kaartjies is by Anche 081 272 8917 beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie