OYO betrek jeug om ernstige kwessies te takel
As deel van die Leave No One Behind-veldtog en danksy die ondersteuning van die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds (UNFPA) in Namibië en die Regain-trust, het die Ombetja Yehinga Organasiation (OYO)-dansgroep vandeesweek sy repertorium oor geslagsgeweld in skole in die Khomasstreek begin aanbied. Volgende week toer die groep deur die Kunenestreek. Na hierdie inleiding sal skole in Julie 'n kans kry om deel te neem aan die Caring Namibian Man-fotografieprojek. OYO is ’n Namibiese trust wat daarop gemik is om maatskaplike bewustheid onder jongmense te skep met die kunste as medium.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie