Die Cgals in Latvia. Foto argief
Die Cgals in Latvia. Foto argief

Paaskonsert beloof om te inspireer

Iréne-Mari van der Walt
Wilna Liebenberg bied eerskomende Vrydag om 18:00 ’n Paaskonsert aan in die Duitse Lutherse Kerk op Swakopmund.

Die kamerkoor, Cgals, asook verskeie van haar studente en gaste sal op die verhoog te sien wees.

Die Cgals-koor het goud en silwer in twee kategorieë gewen in die Wêreldkoorspele in Vlaandere in België in 2021. Hulle het goud in die pop-, jazz- en spirituele afdeling en silwer in die afdeling vir volwasse kore verower. Hulle het ook met twee bronsmedaljes en een silwer in 2018, drie silwer in 2016 en twee brons en een silwer in 2018 weggestap.

Liebenberg het haar musiekgraad in 1984 aan die Universiteit Stellenbosch begin en het reeds as student die Niki Antoniadis-prys vir sang en die Het Jan Marais-prys gewen, wat dit vir haar moontlik gemaak het om in Italië te studeer.

In 1995 het sy na die suide van Namibië verhuis waar sy navorsing oor tradisionele Nama-musiek gedoen het. Sy het musiek uit verskeie tale en kultuurgroepe getranskribeer.

Die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) het haar geëer vir die resultate wat sy as leerkrag by haar leerlinge moontlik gemaak het. Sy fokus steeds daarop om jong musikante te help om hul potensiaal te bereik en belê tans baie van haar tyd in die Internasionale Skool op Walvisbaai se musiekdepartement.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!