PAS IN: Acoustic Friday is terug
Die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) bied eerskomende Vrydag (28 Julie) sy volgende Acoustic Friday-geleentheid aan waar die Afro-reggae-kunstenaar Ras Sheehama op die verhoog te sien sal wees.
Dié sanger en liedjieskrywer se lirieke spreek van bewustheid, integriteit, skerp waarneming en menslikheid, terwyl dit beide sosiopolitieke kritiek sowel as boodskappe van vrede, liefde en wysheid oordra.
Nadat hy in verskeie Afrikalande grootgeword het, en na ander vastelande gereis het, het hy sy eie musiekstyl ontwikkel.
Met sy 25 jaar se musiekervaring, unieke stem, diverse repertorium en charismatiese verhoogoptredes, hou hy aan om gehore te boei waar hy ook al gaan. Kaartjies is beskikbaar by die FNCC (slegs kontant) en by Café Prestige.
Kaartjies is vooraf teen N$80 beskikbaar en teen N$100 by die deur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie