Foto: Facebook
Foto: Facebook

PAS IN: Cinemaverse-fliekaande is terug

Yandi Du Plessis
Vier die koms van die lenteseisoen saam met vriende en familie met opelug-rolprentvertonings wat deur Goethe-Institut aangebied word.

Die Cinemaverse-geleenthede is terug en op 20 September word 'Ivie Wie Ivie' vertoon - ’n film wat twee Afro-Duitse halfsusters volg wat mekaar nog nooit ontmoet het nie tot hul pa se dood. In die proses kom hulle nader aan mekaar, soek na hul wortels en probeer hulself vind.

Die drama-komedie is in Duits en Engels met Engelse onderskrifte en begin speel om 19:00. Dié Cinemaverse-geleentheid vorm deel van vanjaar se German Weeks-vieringe.

Toegang is gratis met komplimentêre springmielies.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer