PAS IN: Fotografie-dokumentêr bied ‘veelvlakkige portret’
Die span van The Project Room bied eersdaags die boekbekendstelling en uitstallingsopening van 'Fraitaxtsēs sores tsîn ge ra≠gâ, - Ondjembo yo Null Vier' by die Namibiese Kunstevereniging (NAA) in die hoofstad aan. Die geleentheid en uitstalling deur Ixmucané Aguilar behels gassprekers, optredes, ’n boekuitstalling en ’n musiekuitvoering.
Vir die boek-as-dokumentêr het die visuele kunstenaar Ixmucané Aguilar in noue samewerking met Nama- en Ovaherero-mense gewerk – wat herinneringe en rituele deel van rou wat meegebring is deur die verlies van lewens en grond tydens Keiserlike Duitsland se besetting van die destydse Suidwes-Afrika.
Dit is ’n artistieke fotografie-dokumentêr wat ’n veelvlakkige portret van die volksmoord en die nagevolge daarvan aanbied.
Die geleentheid sluit bydraes deur die menseregteprokureur Wolfgang Kaleck in, asook van Tristan Pranyko, die kurator van die werk. Poësie deur die Namibiese kunstenaars Nesindano Namises, Fritz Isak Dirkse en Prins Kamaazengi vorm ook deel van die ervaring.
Die opening en bekendstelling vind om 18:00 op Donderdag 9 November by die NAA se uitstalruimte in Robert Mugabe-rylaan plaas.
Die uitstalling kan tot 25 November besigtig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie