PAS IN: Gratis webinaar oor die 'Namibiese klank'
Die Nasionale Teater (NTN) en Owela Live Arts Collective Trust bied op Maandag 31 Julie ’n gratis webinaar aan oor soniese en musikale epistemologieë onder die tema "Kgala!Namib Sonic and Musical Epistemologies". Die gasheer-instellings stel daarin belang om die idee van die Namibiese klank krities voor te stel as een wat diverse mense byeenbring binne die realiteite van koloniale moderniteit. Vrae oor die produksie, identifikasie en toekoms van die "Namibiese klank" word ondersoek om kontemporêre musikante, klankkunstenaars, teaterpraktisyns, uitvoerende kunstenaars, kurators en historici se belangstelling te prikkel om sin te maak van hul verledes en toekoms. Vir meer inligting en registrasiebesonderhede vir die gratis geleentheid, besoek ntn.org.na.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie