VIR NAMIBIË: Dantagos Jimmy-Melani by die Africa Magic Viewer's Choice-toekennings in Nigerië in 2022. Foto: Verskaf
VIR NAMIBIË: Dantagos Jimmy-Melani by die Africa Magic Viewer's Choice-toekennings in Nigerië in 2022. Foto: Verskaf

PAS IN: Jimmy-Melani gekies vir vervaardiger indaba

Michael Kayunde
Dantagos Jimmy-Melani – vervaardiger van ‘Bokwagter’, een van die rolprente wat deel gevorm het van die MultiChoice Namibia/NBC Mukorob filmprojek – is onlangs gekies vir die Creative Producer Indaba (CPI).

Die CPI is 'n professionele ontwikkelingsprogram wat die leierskap en entrepreneursvaardighede van Afrika-vervaardigers slyp deur aanlyn- en persoonlike sessies wat by die Festival International du Film de Marrakech in Marokko en die Internasionale Filmfees Rotterdam in Nederland sal plaasvind.

"As 'n kreatiewe vervaardiger is ek opgewonde en dankbaar vir hierdie geleentheid wat moontlik gemaak is deur die Realness Institute," het Jimmy-Melani gesê.

“Ek het Dantagos verlede jaar tydens die Mukorob-rolprentprojek ontmoet, en is getref deur haar talent, dryfkrag en passie. Ek is geweldig trots op haar dat sy hierdie geleentheid aangegryp het en ons is vol vertroue dat sy nie net in die CPI-omgewing sal floreer nie, maar ook 'n magdom kennis na Namibië sal terugbring,” Lucia Meyer-Marais, opdraggewende redakteur van premium M-Net kanale, gesê.

Toewyding

"MultiChoice Namibia wens Dantagos opregte geluk met haar prestasie," het besturende direkteur Roger Gertze gesê.

“Haar toewyding aan die Namibiese televisie- en filmbedryf het bewys dat ons plaaslike talent op internasionale vlak noemenswaardig is. Ons wens haar alle sterkte toe as 'n ambassadeur vir Namibië.”

'Bokwagter', wat Namibiese kinders volg wat hulself teen veediewe verdedig, is beskikbaar op DStv, GOtv en Showmax.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!