Foto Facebook (National Theatre of Namibia)
Foto Facebook (National Theatre of Namibia)

PAS IN: Jong musiektalent op pad na NTN-verhoog

Die Jeugorkeste van Namibië (Yona) se National Youth Strings Festival keer binnekort terug na die Nasionale Teater (NTN), waar jong musikante ’n opwindende program onder Switserland se Dorothee Mariani as dirigent gaan uitvoer.

Die hoogtepunt van die week se harde werk is die Galakonserte op Vrydag 23 Junie en Saterdag 24 Junie om 19:00. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets en by die deure teen N$120 vir volwassenes en N$50 vir kinders van 18 jaar en jonger.

Kommentaar

Republikein 2025-04-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer