Foto Facebook
Foto Facebook

PAS IN: #NFCFilmWeek in volle swang

Yandi Du Plessis
Die Namibië Filmkommissie (NFC) se rolprentweek skop vanaand af en gaan môre voort met vyf films wat by die Namcol Yetuyama Centre in Katutura vertoon sal word. Die eerste is 'Veraa!' deur die regisseur en skrywer Tutu Mungoba, wat die invloed van slengtaal op moderne kommunikasie en kulturele uitdrukkings verken. Tweedens is 'Rhino Conservation', Mulenga Mwelwa se dokumentêre film oor die stryd teen renosterstropery, aan die beurt. Coolcat Productions se 'The Cobin Bok Documentary' is volgende aan die beurt, gevolg deur Ronald James se 'Deep Connection – An Introduction to Namibia’s Sharks'. Laastens sal 'The Art of Colour' deur die skrywer en regisseur Kaylah Cordom vertoon word, wat afspeel in ’n futuristiese wêreld wat deur kleur gedikteer word.

Dag twee van die #NFCFilmWeek skop om 18:30 af en toegang is gratis.

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!