Foto Facebook
Foto Facebook

#PasIn: Buitelug-bioskoop voor Onafhanklikheidsdag

Yandi Du Plessis
Kahlel Flix Drive in Cinema, wat ‘n unieke buitelug-bioskoop-ervaring aan Namibiërs bied, sal eerskomende Maandag (20 Maart) ’n fliekaand onder die sterre by IronBird Café in Onafhanklikheidsrylaan aanbied, waar die rolprent Black Panther: Wakanda Forever, vertoon sal word.

Die hekke open om 18:00. Enkelkaartjies is teen N$60 beskikbaar en dubbelkaartjies teen N$80 by https://cinewav.page.link/DLFq of www.kahlelflix.com.

Voornemende fliekgangers word versoek om hul eie kampstoele en Bluetooth-oorfone saam te bring. Springmielies en alkoholiese verversings sal onder meer te koop wees.

Besoek die Kahlel Flix Drive in Cinema-Facebookblad of webblad vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer