Foto Verskaf
Foto Verskaf

#PasIn: Inskrywings nog oop vir Dankie Meneer/Juffrou

Yandi Du Plessis
Netwerk Namibië gee dikwels erkenning aan diegene in die gemeenskap wat ’n verskil maak vir Afrikaans en sy mense, en bied vir die derde opeenvolgende jaar die Dankie Meneer/Juffrou-projek aan om Afrikaanssprekende onderwyspersoneel te vereer.

Dalk onthou jy hoe jou graad 1-juffrou jou op die eerste dag getroos het. Of hoe jou wetenskap-meneer jou oë vir ’n nuwe wêreld van kennis oopgemaak het. Of hoe jou kunsjuffrou jou toegelaat het om te droom. Wat is die beste ding wat ʼn Afrikaanssprekende onnie al ooit vir jou gesê het wat jou altyd sal bybly?

Onderwysers speel ʼn belangrike rol in die vorming van kinders se karakter en identiteit en inspireer hulle dikwels om ’n sekere veld beter te leer ken om hul potensiaal te bereik, of om ’n sekere droom na te jaag. Netwerk wil die platform bied om namens jou dank te betuig aan hierdie leerkragte en aan hulle ’n oomblik in die kollig te besorg. Jy kan jou kinders wat tans nog op skool is, help om in te skryf, of selfs al is jy reeds klaar met skool, kan jy steeds erkenning gee aan die invloed wat ’n leerkrag op jou lewe gehad het, solank die persoon wat jy wil vereer nog lewe en in Namibië is.

Twee persone staan ’n kans om ’n geskenkbewys van N$500 elk te wen.

Stuur ’n e-pos aan [email protected] met jou naam en van, selfoonnommer, die onderwyser(es) se naam en van, skool, dorp en rede vir die benoeming. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 17 November 2023.

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!