Foto Facebook
Foto Facebook

#PasIn: Nog ’n netwerkgeleentheid vir skilders

Yandi Du Plessis
Skilders en aspirant-skilders sal môre weer ’n geleentheid hê om ander skilders te ontmoet wat in Windhoek woon.

Die Namibiese Kunstevereniging (NAA) bied 'n groet-en-ontmoet-netwerkgeleentheid spesiaal vir skilders aan, waardeur dié kreatiewes deel van die NAA-kunsgemeenskap kan word.

Die geleentheid begin om 18:30 by die NAA se uitstalruimte in Robert Mugaberylaan.

Die toegangsfooi is N$20 vir nuwelinge en is gratis vir diegene wat reeds NAA-lede is.

Kommentaar

Republikein 2025-04-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer