Plaaslike lokprent pronk by Cannes-rolprentfees

Iréne-Mari van der Walt
Die lokprent vir die fliek Skeleton Coast sal eerskomende Dinsdag vir die eerste keer tydens die ikoniese Cannes-rolprentfees gesien kan word.

Dié fliek spog met ’n internasionale rolverdeling, insluitend die Amerikaanse akteur Eric Roberts wat rolle in The Expendables en die Batman-rolprent The Dark Knight vertolk het. Roberts het 76 rolprenttoekennings en 31 benoemings in sy loopbaan ontvang en sal saam met die plaaslike akteur Armas Shivute Armas in Skeleton Coast verskyn.

“Dit was regtig wonderlik, ek het baie geleer by mense wat ek al lank ken,” het Armas van sy ervaring op stel gesê.

Hy sê om saam met Roberts te werk was besonders aangenaam vir hom.

“Hy kom nie voor soos die ander bekendes met groot name nie. Hy was gewoon en het ons baie vinnig gekomplimenteer wanneer ons goed gevaar het,” sê Shivute.

Die fliek is in Namibië verfilm en volg ’n groep wetenskaplikes wat na Namibië reis op soek na ’n edelsteen wat nog nooit vantevore gesien is nie – blunamite.

Wanneer lyke in die gebied begin verskyn, is die groep nie seker of een van hul eie mense verantwoordelik is nie en of die Skedelkus ’n waarskuwing aan hulle probeer rig.

Hierdie rolprent was die eerste rolprent waaraan een van die fliek se twee vervaardigers, Panashe Daringo, gewerk het.

Daringo is eintlik ’n voltydse siviele ingenieur en projekbestuurder, maar sê die werk van ’n vervaardiger is baie soos die rol van ’n projekbestuurder.

“Dis onwerklik – as jy ’n jaar gelede vir my gesê het dat ek nou by ’n rolprent betrokke sou wees, sou ek jou nie geglo het nie,” sê hy.

Daringo vertel die ondersteuning van die span agter die skerms sowel as voor die kameras was van onskatbare waarde.

“Dit was goed om te sien hoe verskillende kulture bymekaarkom en saamwerk asook om te sien hoe mense en die omgewing ’n rolprent kan verander,” sê hVolgens Daringo bied die Namibiese omgewing unieke landskappe wat van waarde kan wees vir internasionale rolprente.

Hy meen egter die tegniese aspekte van plaaslike rolprente moet aandag geniet voor Namibië gereed is om die voortou te neem as ’n bestemming van keuse vir rolprentmakers.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!