In 2019 het 71 000 gaste Comic Con Africa oor vier dae bygewoon. Foto argief
In 2019 het 71 000 gaste Comic Con Africa oor vier dae bygewoon. Foto argief

Plaaslike resensent vra vir geldelike hulp

Die plaaslike vryskutjoernalis en inhoudskepper Barry de Klerk van die resensieplatform The Movie Guy is gekies as lid van die mediaspan van vanjaar se Comic Con Africa-konvensie wat vanaf 22 tot 25 September in Johannesburg plaasvind.

“Dit is ‘n wonderlike geleentheid vir enige joernalis en ek is regtig opgewonde om Namibië te verteenwoordig. Joernaliste van oraloor Afrika sal dit bywoon,” het Barry gesê.

Comic Con Africa fokus op alle elemente van popkultuur en bring internasionale en plaaslike strokiesprentkunstenaars, rolprent- en TV-persoonlikhede, en kostuumspelers (cosplayers) na Suid-Afrika waar hulle aanhangers ontmoet, handtekeninge uitdeel en foto’s saam met hulle neem.

Suid-Afrika het in 2018 by die Comic Con-familie aangesluit toe die geleentheid in Johannesburg bekend gestel is.

Aangesien sy uitgawes soos verblyf, vervoer na Johannesburg en vervoer na en van die konvensie nie deur die organiseerders gedek word nie, moet Barry self geld insamel. In die lig hiervan vra hy ondersteuning om dié unieke geleentheid te help finansier.

“My uitgawes sal sowat N$16 000 wees, so ek samel tans fondse op my sosialemediablaaie in. Daar is wonderlike pryse op die spel.

“Ek sal al die ondersteuning wat ek kan kry opreg waardeer!”

The Movie Guy is ‘n blog en sosialemediaplatform waar flieks wat plaaslik en in die buiteland vervaardig is, geresenseer word, met die doel om die filmbedryf en popkultuur te bevorder en mense opgewonde te maak oor alle soorte rolprente, televisieprogramme en popnuus. The Movie Guy kyk ook na ander vorme van multimediavermaak.

Kontak Barry by [email protected] of besoek sy sosialemediablaaie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!