Plaaslike skoonheid wen Mej. Tiener Afrika

Iréne-Mari van der Walt
Een van Namibië se skoonhede het Sondagaand met die kroon van Mej. Tiener Afrika in Kameroen weggestap.

“Ons is natuurlik trots op haar,” het die 17-jarige Anca Smith van Okahandja se pa, Jors, gesê.

Jors sê Anca se sukses in skoonheidskompetisies het hulle gesin onkant gevang.

“Ons het haar een keer net vir die pret in ’n Karnaval-skoonheidskompetisie ingeskryf en hulle het haar daarna gevra om aan die Mej. Glitz-kompetisie deel te neem,” sê hy.

Anca het toe aan die Mej. Tiener Afrika Namibië-kompetisie deelgeneem en sy het dus gekwalifiseer om Namibië by die Mej. Tiener Afrika-kompetisie te verteenwoordig.

Jors sê Anca se teenwoordigheid by Mej. Tiener Afrika is ֹֹ’n gemeenskapspoging. Natasha Prinsloo Hörsch het Anca se rok ontwerp terwyl Poolman Motors haar uitrustings geborg het.

Ian en Chantelle Galloway van Jumbo Charcoal het ook haar vliegkaartjie geborg.

Wanneer Anca nie op die loopplank skitter nie, dan steel sy die kollig op die rugbyveld.

“Rugby help haar om van haar frustrasies ontslae te raak. Haar klub hier in Okahandja het egter nou begin toemaak, nou sukkel ons om vir haar ’n ander plek te kry,” sê hy.

Anca gaan jag ook graag saam met haar pa en help met plaaswerk waar sy kan.

“Dit is so lekker hier en die weer is lekker,” het Anca uit Kameroen gedeel.

Anca sal vandag weer op tuisbodem wees.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!