Pohamba stel outobiografie bekend
Namibië se tweede president Hifikepunye Pohamba wat die land van 2005 tot 2015 gelei het, het sy outobiografie Maandag in Windhoek bekendgestel. Die huidige president Nangolo Mbumba was tydens die bekendstelling teenwoordig om die lewe van die 89-jarige Pohamba te vier.
Footprints of Hifikepunye Pohamba beslaan 400 bladsye en is die oudpresident ’n bydrae tot die geskiedkundige rekord van Namibië se bevrydingstryd. Die boek is gebaseer op verskeie onderhoude wat professor Ellen Ndeshi Namhila met die Pohamba die afgelope vyf jaar gevoer het. Dit deel meer oor Pohamba se kinderdae, ingewikkelde familiebande, die land se stryd om onafhanklikheid, nasionale ontwikkeling ná 1990 asook sy tyd as president.
"Om verslag te doen oor jou eie lewe is ’n komplekse onderneming wat gemengde gevoelens uitlok," het Pohamba Maandag gesê. Hy beskryf die skryfproses in gelyke mate as uitdagend en terapeuties.
Die voormalige minister van inligting en ’n vriend van Pohamba vir meer as 60 jaar, Ben Amathila, het op sy beurt meer gedeel oor hul gesamentlike ervarings in die bevrydingstryd. Pohamba is tydens die apartheidsjare in hegtenis geneem en gemartel en het later in ballingskap gegaan. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie