Pottebakkery op sy beste
Erdewerke word tans by NAGN uitgestal
Die wenners in die verskeie kategorieë van Namibië se tiende Nasionale Keramiekbiënnale is onlangs aangekondig.
Die Pottebakkersvereniging van Namibië (PAN) het onlangs – tesame met sy hoofborg, Capricorn Private Wealth, en die Nasionale Galery (NAGN) – die wenners in die verskeie kategorieë van Namibië se tiende Nasionale Keramiekbiënnale aangekondig.
Dié erdewerke word tans by die NAGN uitgestal. Met 32 jaar se ondervinding in pottebakkery is Jacqui Jansen van Vuuren as die wenner van die premier-toekenning aangewys. Mitchell Gatsi het die People’s Choice-toekenning gewen, terwyl Margo Timm as die mees belowende beginner aangewys is.
Genie Albrecht het in die wielwerk-kategorie koning gekraai, met Carola Lorck en Betsie van Rensburg wat onderskeidelik die tweede en derde prys gewen het. Anita Steyn, Uschi Ramakhutla en Sharon Flewellen was onderskeidelik eerste, tweede en derde in die handwerk-kategorie. Die eerste- en tweede prys in die beeldhou-kategorie het beide aan Mitchell Gatsi gegaan, terwyl Filemon Kapolo die derde plek verower het.
Eliina Bainga het die eerste en tweede prys in die kategorie vir pottebakkers van landelike gebiede opgeraap, terwyl Emelda Sinvula die derde prys gewen het. Andrea Horsthemke, Uschi Hallwachs en Charlene Vorster is as die topdrie in die nuwe kenmerkende styl-kategorie aangekondig.
Met inskrywings van beginner- en ervare pottebakkers van oraloor die land; van die mees landelike dele in die Zambezistreek tot dié met professionele ateljees in Windhoek, Swakopmund, Keetmanshoop, Rosh Pinah en Lüderitz, is Namibië se beste erdewerke op die openingsaand van die biënnale ten toon gestel.
Dié seleksie is beoordeel en saamgestel deur Anthony Shapiro, ’n bekende Suid-Afrikaanse pottebakker en instrukteur, asook professor Hercules Viljoen, ’n vooraanstaande Namibiese kunstenaar en ’n voormalige dosent aan die Universiteit van Namibië (Unam).
“Die Pottebakkersvereniging van Namibië verdien lof vir hul toewyding om die verantwoordelikheid te aanvaar om hierdie geleentheid weer te organiseer. Ek vertrou dat die kunsgemeenskap en sy bondgenote die werk wat by die uitstalling vertoon word, sal geniet en waardeer,” het Fouché Brand, uitvoerende beampte by Capricorn, gesê.
Van Vuuren en Gatsi het alle pottebakkery-entoesiaste aangemoedig om in hul masass op te daag en Namibiese pottebakkery op sy beste te ervaar.
Die uitstalling duur tot Vrydag 16 September en alle kunswerke is te koop. Vir enige navrae, kontak PAN by [email protected] of besoek hul webwerf by www.pan.iway.na.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie