Project Room stal unieke fotoversameling uit

Iréne-Mari van der Walt
Die Project Room sal op 9 Februarie met die nuutste fotografiese werke van Toufic Beyhum open met die Amoji (kort vir Afrika Emoji)-uitstalling.

Dié versameling is geïnspireer deur die toename in konnektiwiteit op die Afrika-vasteland en hoe Afrika asook Namibië gevolglik hul eie emoji-dialek ontwikkel het.

Beyhum se webblad sê dat die onvermydelike botsing tussen moderne en tradisionele kulture wat vanuit digitale ontwikkeling spruit, die dryfveer agter hierdie werke is.

Jong plaaslike kunstenaars het met herwinde en eg-Namibiese materiale bekende emoji-gesiggies nageboots in maskers wat volgens Afrika-style gemaak is. Beyhum het daarna landswyd gereis en modelle van doodgewone Namibiërs gemaak vir dié uitstalling.

DIE KUNS

Die helfde van Beyhum se modelle is gevra om emoji-maskers te kies wat hulle die beste verteenwoordig en die ander helfde is gevra om maskers te kies wat die beste by hul klere en omgewing pas.

Die besluit om gewone Namibiërs vir dié fotoversameling te gebruik, is nie arbitrêr nie en is juis gekies om die metafore van Afrika se verhouding met die res van die wêreld ten toon te stel.

DIE KUNSTENAAR

Toufic Beyhum is in 1974 in Beiroet, Lebanon, gebore. As kind moes hy weens die oorlog in dié land na Londen vlug.

Beyhum het van kindsbeen af in kuns belanggestel en het op die ouderdom van 15 met fotografie begin.

Hy het later sy talente by die Heatherley School of Fine Art asook Somerset College of Arts and Technology verfyn.

In Mei 2007 is sy fotografieboek, Emotions in Motion, vrygestel. Hierdie kiekies is ’n versameling ongeposeerde foto’s van pendelaars op Berlyn se U-Bahn en het in Duitsland gewild geword.

Dié versameling kan ook in New York se openbare biblioteek, die universiteitsbiblioteek in Berlyn en die Internasionale Sentrum vir Fotografie in New York besigtig word.

GRYS BLOK:

Toufic Beyhum se Amoji-reeks is reeds wêreldwyd uitgestal.

Dit sluit die volgende in:

• Die 7de Internasionale Uitstalling van Nuwe Media by die Czong Instituut vir Kontemporêre Kuns (CICA) in Suid-Korea (2021)

• Space Place Galery in Rusland (2021)

• PhotoVogue in Milan (2022)

• Dubai Culture & Foundry Downtown Galery in Dubai (2023)

* Hierdie versameling is ook deel van die permanente versameling by die Preusmuseum in Oslo, Noorweë.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!