Promosie-artikel

’n Fees van kultuur, klank en kos
Frank Steffen
Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, Pohamba Shifeta, sal môre om 15:00 amptelik die Toerisme Ekspo 2024 open.

Die publiek het vanaf 16:00 toegang tot talle diensverskaffers wat in die toerismesektor werksaam is – dit kom natuurlik saam met spesiale aanbiedinge.

In April 2023 het die hooforganiseerder van die ekspo, Namibia Media Holdings (NMH), vir die eerste keer seminare gehou wat verskeie onderwerpe getakel het wat met toerisme verband hou.

Uitstallers en diensverskaffers beoog Donderdag om ’n bietjie dieper te delf in die verwagtinge van besoekers, veral vanuit ’n Afrika-perspektief.

Daarom sal die uitvoerende direkteur van die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied (Kaza-TFCA), dr. Nyambe Nyambe, lig werp op die agtergrond van hierdie reusepark in pas met die tema "Beyond Borders" tydens Donderdag se oggendsessie.

Verteenwoordigers van Botswana en Zimbabwe sowel as Namibië sal kulturele uitruiling deur sulke parke bespreek, terwyl Loren Yan van die Chinese ambassade in Windhoek kulturele uitruiling oor die algemeen tussen China en Afrika sal bespreek, en die Maleisiese hoë kommissaris ook lig sal werp op ander Asiatiese verwagtinge.

Die aand sal van Namibië se gewildste kunstenaars optree, soos onder meer Savannah Collins, Lioness, Carnival of Flames, Ongoma Drum Cafe, Ou Slow, The Ell's, Fire Drummer MJ007, Patricia. Die gerieflike ligging van stalletjies wat smulhappies van oraloor die wêreld sal bied, beteken dat jy iets lip-aflek-lekker kan geniet saam met die vermaak.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 21° | 32° Ruacana: 22° | 29° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 21° | 30° Gobabis: 19° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 23° Rehoboth: 24° | 33° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 26° | 38° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 21° | 30° Cape Town: 20° | 30° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 18° | 27° #REF! #REF!