Ras en kie in lewende lywe
Om Ras Sheehama op die verhoog te sien optree is ’n belewenis wat na aan my Namibiese hart lê en ’n geleentheid wat ek nie maklik sal prysgee nie.
Liedjies soos “Inotila”, “Nekwa” en “City Young Girl” het oor die jare die Namibiese identiteit gekenmerk en sy musiek groei sedert onafhanklikwording en selfs voor dit.
Die kuns van verhoogoptredes is egter in gedrang, waarsku hy.
“Musiek ontwikkel – enige nywerheid ontwikkel – maar deesdae is daar nie meer baie kundiges om musiekinstrumente te bespeel nie. Alles word nou op rekenaars gedoen, alles is nou digitaal,” sê die musiekveteraan.
“Dit is nie dat die publiek nie meer musiek ondersteun nie, ek dink hulle doen nog. Gewilde kunstenaars maak die stadions vol, maar verhoogoptredes is duurder. Die hele groep moet betaal word, en instrumente saambring. Die korporatiewe maatskappye betaal goed en regstreekse musiek werk goed in die land. Organisasies wat musikante moet ondersteun, kry egter nie geld daarvoor nie.
Verhoogoptredes behoort in die begroting geakkommodeer te word, sê hy.
“Kan jy glo ons is die enigste land in Suider-Afrika wat nie ’n musiekfees het wat toegewy is aan regstreekse optredes nie? Ons moet meer doen om die kunstenaars en mense bymekaar te bring, sodat ons mense kan leer om dit meer te waardeer,” het hy gesê.
Dit is die rede hoekom die Friends of Ras Sheehama-stigting op 23 Desember van stapel gestuur word. Met ’n regstreekse konsert en geldinsamelingsveldtog wil Sheehama sy trust begin, wat ten doel het om regstreekse musiekoptredes te ondersteun.
“Ons benodig iets konstant. Dit is waar Friends of Ras Sheehama inkom,” sê hy.
Die geleentheid sal by die Sheehama-familiewoning in Onakayale op Outapi plaasvind.
Exit, Buju Katjoko, AJ June en Ras self, wat ook sy talent op die verhoog sal vertoon, is reeds op die program. Meer plaaslike musikante sal na verwagting nog hul deelname bevestig.
Algemene kaartjies word teen N$200 verkoop terwyl platinumkaartjies teen N$1 000 beskikbaar is. Die kaartjies kan by Kamselle, die Puma Oluzizi-vulstasie of die Onelunga Namcor-vulstasie op Outapi gekoop word, of kontak 081 673 3774 vir meer inligting.
Maatskappye kan ook vir Kansue by 081 549 9704 skakel om ’n tafel te bespreek.
Ras Sheehama nooi almal uit om sy nuwe inisiatief te ondersteun.
“Help my om die volgende musikant te help. Ek wil teruggee aan die gemeenskap en beplan ook om jong kunstenaars te mentor. Ek is lief vir wat ek doen en wil graag sien dat jonger sangers sangopleiding ontvang. Kom ons maak meer musiek vir die land,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie