Rep brokkies: ‘Rising Voices’ open eersdaags
Die Rising Voices-uitstalling sal eerskomende Donderdag by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) open.
Hierdie uitstalling bring die werk van Elisia Nghidishange, Lynette Diergaardt, Lynette Musukubili, Kambezunda Ngavee en Vitjitua Ndjiharine bymekaar.
Die uitstalling sal bestaan uit beeldhouwerke in saamgesweiste metaal en klip, weefwerk in plastiek en natuurlike materiale en digitale kuns. Die uitstalling kan vanaf 11 tot 21 Augustus by die FNCC besigtig word, met ’n amptelike openingsgeleentheid op 10 Augustus om 19:00. Almal is welkom om dit by te woon en toegang is gratis.
Bron: Facebook/FNCC

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie