No Image Caption

Rock dié naweek by Sphinxblick!

Rockers ruk van Vrydag tot Sondag na die plaas Sphinxblick naby Usakos op vir die derde Sphinxblick Open Air-konsert.

Meer as ‘n dosyn plaaslike en Suid-Afrikaanse ‘bands’ gaan Vrydag en Saterdag by dié gewilde fees optree. Kaartjies verkoop soos soetkoek en musiekliefhebbers gaan hul litte moet roer: In 2021 en 2022 was die kaartjies uitverkoop.

Kaartjies kos N$880 per persoon vir die hele naweek en sluit kampeerruimte in.

Vir meer inligting, gaan loer op www.sphinxblick.rocks

#PasIn

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer