Roman trap diep spore
‘Die spore van Gert Saggiestrap’
Nadine Petrick resenseer Marco Botha se roerende roman oor die ware lot van al die Boesmans van die Kalahari.
Jou hart is in die grond en jou kop loop bo
Soos die maan, deur die donker ingesluk
Is die lyf vol leuens, net so laat staan
Vol baklei en stry, en buitentoe vermaan*
Boeke maak interessante dinge in mense wakker. Dit laat jou dink, dit maak jou goor voel, dit laat jou lag of huil of van plan verander. Soms laat dit jou nie met rus nie, en moet jy doodeenvoudig self die pen opneem om die storie uit jou lyf uit te skryf. Luna Paige*, bekende sanger en liedjieskrywer, was so diep geraak deur Marco Botha se roman, dat sy summier ‘n liedjie oor haar leeservaring geskryf het. Want dis presies wat dié boek doen. Dit gaan sit diep, en dan roer dit.
Die Spore van Gert Saggiestrap vertel die verhaal van ‘n skrander Ju/’hoan-boesmankind van die Kalahari. ‘n Kind geseënd met 'n wyse sagtheid, ‘n slim kop op sy skouers en ‘n wonderlike pa wat hom aanbid. Hy word selfs by geboorte aangewys as die een wat “goeie reënt” sou bring.
Sy ma, Kleintjie, dra egter swaar aan onreg en misbruik, en haar voorliefde vir “ietsie sterkers” gee direk aanleiding tot ‘n gebeurtenis wat Gert se mooi uitgekarteerde lewe heeltemal van koers af gooi. Wat mooi en sag was, word kliphard. Sy lewe ontspoor. Gert word gery deur verlies, trauma, drank- en dwelmmisbruik, en wat sekerlik ‘n laagtepunt sou wees vir ‘n kind wat gedroom het van dokter word, tronkstraf. Diep binne-in klop sy hart egter nog reg. Die saggiestrap, die rooikat, die eggenoot van Môrester, dit wat Oupa Skrywer by geboorte aan hom toegedig het – hý is nog daar. Uiteindelik vat hy wel sy eie spore terug na daar waar dit saakmaak en gaan maak hy kennis met die maan. En met homself.
‘n Leeftyd van so rondom dertig jaar word geteken met behulp van volronde, wonderlike karakters soos Oupa Skrywer, Fritz Spiegel, oom Dahm en Piet Ogies – karakters wat jy haat óf dadelik liefkry; en dit als gebeur in die allermooiste Afrikaans, ryk aan idioom en humor.
“Môre, jou warme plaat!” (71) (Sê Willem Poster vir die aantreklike Kleintjie.)
“As jy by my vuur sit, gaan jy my verstaan van die storie hoor. As jy by ‘n ander man se vuur loop sit, vertel hy vir jou syn.” (187) (Oom Damh oor Maan en Haas.)
“Nou moet jy hier veld toe, Gert. Om jou eie skaamtes te kom afgooi,” sê Martha. (200) (Net voor Gert terugkeer veld toe.)
Gert se storie is natuurlik nie nét Gert se storie nie. Marco Botha, bekende Suid-Afrikaanse sportskrywer en rugbykommentator, het vir tien jaar lank homself verdiep in die waarheid van die Boesmans van Namibië (hy maak dit voorin die boek baie duidelik hoekom hy nie die polities-korrekte term, San, gebruik nie).
Hy het nie net opgelees en deeglike navorsing gedoen nie, maar hy het vir ‘n tydperk saam met verskeie gesinne by ondere Epukiro, Duinpos, Skoonheid en Tsumkwe gaan leef, sodat hy eerstehands kon leer wat dit regtig is om Boesman te wees. Nie die romatiese, mooi en uitgedinkte prentjie wat geskep is deur films soos The Gods must be crazy, of die boeke van Laurens van der Post nie, die regte een.
Hierdie vlees-en-bloed mense is vir 'n verandering die ware Jakob. Die sistemiese onderdrukking, maatskaplike probleme, die tradisies en rituele word oopgeskryf. Die skoonheid. Maar helaas, grotendeels die komplekse ellende. Gert vergestalt as’t ware die die lot van al die Boesmans van die Kalahari – “werkloos, honger, sieklik en dikwels dronk.” (259).
Deur Gert Saggiestrap aan die leser voor te hou, gooi Botha ‘n blik op die landskap van die hedendaagse Boesman en wat dit vir hierdie mense beteken om in die huidige tydvak te moet sin maak van hulle eie realiteit. Hy gee vir dié mense ‘n kans om self te praat. In dieselfde asem wys hy ook uit wat ons dalk nie van die Ou Tyd se Boesmans verstaan of geweet het nie. Hulle wette, hulle manier, hulle dínk word beskryf in wat Botha self as histories-aktuele fiksie klassifiseer. Dis ook op ander maniere duidelik dat fiksie en niefiksie langs ‘n klein vuurtjie lepellê. Die gebruik van regte mense as karakters, soos regter Dave Smuts byvoorbeeld, verskaf ‘n ekstra laag geloofwaardigheid aan dié verhaal waar ook mite en waarheid beide ‘n ewe sterk teenwoordigheid het.
Daar was egter oomblikke waar dele van Gert se reis nét daai een dagdroom te lank geraak het. Ook is die relevansie van sekere inleidende stukkies teks by een of drie hoofstukke te bevraagteken. Maar, dis nietighede in die groter konteks van die hele leeservaring.
Die spore van Gert Saggiestrap is in een woord lieflik. Maar dis ook nie so eenvoudig nie. Dis nie net ‘n mooi storie met ‘n gelukkig einde nie. Dis nie bloot ‘n waardevolle kultuurhistoriese dokument met ongelooflike insae oor die leefwêreld in die Ou en Nuwe Tyd nie. Dis nie net nog ‘n Jamie Uys-versinsel nie. Dit is ‘n onsettende belangrike boek wat ‘n nodige lig werp op ‘n deel van die Namibiese geskiedenis wat soms nog onder rooigrond toegekrap word. Dit wat als gebeur het en gedoen moes word tydens die oorlog en toe die land onafhanklik geword het. Hoe ‘n hele groepering van mense verlore gevoel het, en dalk tog maar stééds so voel. En dit in hulle eie land.
As die boek jou nié roer nie, dan is daar groot fout met jou binneste.
Saggiestrap
Wyl jou gevangenisse vryloop
Saggiestrap
Wyl jy vergewe breek die grond oop
Saggiestrap
Dat jy die anderkant van die seer kan sien
Saggiestrap
Dat jy kan leef soos jy verdien*
* Nadine Petrick is ’n kinder- en jeugboekbemarker by LAPA-uitgewers en 'n selferkende bibliofiel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie