Room van Europese flieks op plaaslike silwerdoek

Michael Kayunde
Die afvaardiging vir die Europese Unie (EU) in Namibië het dié week die 2024 Europese filmfees bekend gestel.

Dié fees word vir die volgende twee maande onder die tema, “Die jaar van vaardighede”, by Ster-Kinekor se teater in Maerua-inkoopsentrum in Windhoek aangebied.

Rolprente van verskeie Europese lande sal vanaf 18 September elke Woensdagaand gratis vertoon word.

Die 2024 EU-filmfees sal agt bekroonde Europese rolprente na die plaaslike silwerdoek bring met ’n spesiale vertoning van die Namibiese rolprent Lukas.

In pas met vanjaar se fokus op vaardigheidsontwikkeling, ondersteun die fees verskeie inisiatiewe om kapasiteit te bou.

In dié verband het die EU ’n vennootskap met die Namibiese Filmkommissie (NFC) aangegaan ter ondersteuning van Kino Namibia, ’n inisiatief wat jong Namibiese rolprentvervaardigers van die konseptuele stadiums van hul projek tot vrystelling ondersteun.

Die fees skop eerskomende Woensdag af met die Hongaarse rolprent Semmelweis.

Die hoof van die EU-sending in Namibië, Ian Dupont, het in sy toespraak die belangrikheid van die fees beklemtoon.

“Ons is trots om die EU-filmfees weer in Namibië aan te bied, [dit is] ’n belangrike mylpaal in ons TeamEurope- kulturele samewerking met Namibië.

“Die fees bevorder nie net belangstelling en bewustheid oor Europese en Namibiese rolprente nie, maar versterk ook samewerking tussen die EU, Namibiese gehore en ons plaaslike vennote,” het hy gesê.

“Die fees is nie net ’n manier om die kuns van filmmaak te vier nie, maar ook om brûe en ’n begrip tussen kulture te bou. Nie net tussen die EU en Namibië nie, maar ook tussen verskeie lande in die wêreld,” het Dupont gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!