Sagarias Tsam stel Saterdag amptelik sy eerste Afrikaanse enkelsnit vry. Foto verskaf
Sagarias Tsam stel Saterdag amptelik sy eerste Afrikaanse enkelsnit vry. Foto verskaf

Sagarias gee ‘wat ons nodig het’

Iréne-Mari van der Walt
“Ek is opgewonde, dit is ’n groot geleentheid. . . ek is nie senuweeagtig nie, ek kan net nie wag om daar te wees nie.”

So sê die musikant Sagarias Tsam oor sy optrede by die Liefde by die Nam-musiekfees wat Saterdag in die hoofstad plaasvind.

Hy beplan om sy eerste Afrikaanse enkelsnit amptelik tydens die musiekfees bekend te stel.

Die idee van sy nuwe enkelsnit “Wat ons nodig het”, het in ’n 100 jaar oue huis ontstaan.

“Ek was op die plaas en daar is ’n huis wat 100 jaar oud is en ek het daar gaan sit en begin skryf,” sê hy.

Sagarias sê die lirieke gaan oor sy sukses in die musiekbedryf en die feit dat hierdie einste sukses hom onkant gevang het.

“Ek het gedink ek sou nooit suksesvol in die lewe wees nie. Ek het glad nie my musiekloopbaan verwag nie,” sê hy.

Sagarias en sy unieke blues-klanke maak hom reeds ’n geruime tyd een van Namibië se gunstelingmusikante.

Hy het ook in Suid-Afrikaanse musiekkringe ’n naam vir homself begin maak toe hy in November verlede jaar die verhoog met die groep Spoegwolf gedeel het.

Hy het Spoegwolf se aandag getrek en later ook ander bekende kunstenaars soos Bouwer Bosch en Die Heuwels Fantasties se Pierre Greeff. Pierre is een van die dryfkragte agter die Liefde by die Dam-musiekfees, wat Saterdag vir die eerste keer in Namibië as Liefde by die Nam sal plaasvind.

Sagarias sê hy beplan ook ’n album, maar dat die legkaartstukke eers moet pas voor die besonderhede bekend gemaak kan word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!