Sangers maak stemme dik
Die gewilde en ervare plaaslike musikante Big Ben, Patrick Sikiliza, Dik Bones en Riaan Smit het kragte saamgesnoer en hul stemme dik gemaak om die liedjie “Love and Respect” uit te reik wat die konsep van positiewe manlikheid bevorder. Die liedjie wil die idee tuismaak dat mans die bron van liefde, respek, veiligheid en positiewe gevoelens kan en moet wees eerder as al die negatiwiteit in die media wat met mans geassosieer word. Die snit is vir ’n diverse gehoor saamgestel en is geskryf en uitgevoer in Oshiwambo, Nama, Otjiherero, Afrikaans en Engels.
“Die swakkes en weerloses in Namibië word daagliks aan seksuele geweld, moorde en marteling onderwerp. Hierdie liedjie is ons antwoord en ons verleen ons stemme aan die stryd teen geweld, veral geslagsgeweld,” lui die musikante se verklaring wat vandeesweek uitgereik is.
Die betrokke musikante sê hulle neem ’n standpunt teen geweld in en wil hê hul stemme moet mans en seuns aanspoor om ’n bron van vrede en ’n baken van veiligheid in Namibië te word.
Die afvaardiging van die Europese Unie (EU) in Namibië het die vervaardiging van die liedjie geborg.
“Love and Respect” sal op al die groot aanlyn musiekwinkels en plaaslike musiekstroomdienste beskikbaar wees. Hou ook jou ore oop vir dié liedjie op plaaslike radiostasies.
’n Musiekvideokompetisie sal binnekort aangebied word om aspirant- en gevestigde rolprentvervaardigers aan te moedig om met beeldmateriaal vorendag te kom wat die boodskap van die liedjie bevorder. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie