Sangers se groot toets in VoN-semifinaal
Vanjaar se Voice of Namibia semifinaal sal die kwalifiseerders op hul tone hou weens die feit dat die top-12 van die Kanaal 7 talentsoektog nou saam met Voice of Namibia se top 12-deelnemers vir ’n plek in die Voice of Namibia-finaal sal deelneem.
Voice of Namibia se eienaar, Alinda Lu'Mar, glo die toekoms van hierdie sangkompetisie skitter helder en dat ’n wêreld se geleenthede wag op die uitstaande talent wat hierdie kompetisie op die voorgrond plaas.
“Ek wil hê hulle moet internasionaal kan presteer en met meer ervare mense werk. Daar is eenvoudig nog net nie genoeg infrastruktuur in Namibië vir ons kunstenaars nie. Ek wil hê hulle moet uitskiet en in die buiteland hul naam maak,” het sy gesê.
Die sangeres Lin-Mari, wat met haar tweede probeerslag die eerste plek in die 2021-kompetisie verower het, vertel van die wonderbaarlike wyse waarop hierdie platform haar nader aan verskeie geleenthede gebring het.
“Voice of Namibia het my lewe op soveel maniere verander. Nie net het my selfvertroue baie versterk nie, maar ek het menige geleenthede gekry. Ek het by een van Namibië se grootste feeste opgetree, in Johannesburg ’n enkelsnit opgeneem saam met Hugo Ludik en selfs ’n ATKV-toekenning gewen. Ek sal altyd dankbaar wees vir die ondervinding,” het sy aan Republikein gesê.
Lin-Mari verduidelik dat sy met oorgawe haar Voice of Namibia titel aan haar opvolger sal oorgee.
“Dit sal baie emosioneel wees, maar ek is opgewonde. Ek is opgewonde vir die volgende wenner om die belewenis te hê wat ek gehad het en om te sien wat hulle met die titel sal doen. Namibië het soveel talent en ek kan nie wag om te sien wie ons volgende wenner is nie,” sê sy.
Theo Cookson, ’n beoordelaar vir Voice of Namibia, glo Lin-Mari het juis die eienskappe getoon wat hy van ’n wenner verwag.
“As jy na Lin-Mari as voorbeeld kyk: sy het deelgeneem en is tweede geplaas. Toe het sy teruggekom na die kompetisie en groei as ’n kunstenaar getoon. Sy het haar klank en haar stem ontwikkel en gewen,” het hy aan Republikein gesê.
Cookson reken sangers sal hulself as veelsydig moet bewys om ’n werklike kans op die titel te staan.
“Wat vele deelnemers doen, is hulle sing ’n populêre liedjie en dit maak wel die gehoor opgewonde, maar as beoordelaar kyk jy maklik verby dit. As ’n sanger iets kan doen wat hulle nie gewoonlik doen nie en bewys dat hulle veelsydig is, sal dit beslis ’n impak op hul puntetoekenning hê,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie