Paige tree op 2 Desember in Windhoek op. Foto verskaf
Paige tree op 2 Desember in Windhoek op. Foto verskaf

Sangsensasie Paige kom Windhoek toe

Tanja Bause
Moenie die kans misloop om die Suid-Afrikaanse sangeres Paige op die verhoog te sien wanneer sy op 2 Desember tydens die Mi Casa-konsert in Windhoek optree nie!

Paige se verhaal lees soos ’n sprokie: In ’n kwessie van maande het sy ’n deurbraak gemaak in Suid-Afrikaanse musiekkringe toe sy die internet “gebreek” het met ’n video van Makhadzi se enkelsnit “Ghanama” wat sy in Zoeloe gesing het en wat soos ’n veldbrand op die internet versprei het.

Die popsensasie het sedertdien deur Afrika getoer en sy bly konsekwent in wat sy die beste doen.

Paige is in die nedersetting Mabopane noord van Pretoria gebore voordat sy na haar ouma na Britz verhuis het en waar sy gewoon het tot sy 12 jaar oud was. Daarna het sy saam met haar ouers Mahikeng toe getrek. Dit was hier waar Paige se talent erken is en haar ouers deur die gospel-ikone Benjamin Dube en Sizwe Zakho genader is met die hoop dat Paige ’n gospelgroup sou lei.

Haar ouers het egter gevoel Paige moet eerder op haar skoolwerk fokus en universiteit toe gaan. Dit het haar egter nie gestuit nie en dit het haar aangespoor om meer te fokus op die voortsetting van haar loopbaan as regspraktisyn sowel as musikant.

In 2021 het Paige haar amptelike musiekdebuut saam met vervaardiger Sdala B gemaak met die kortalbum “Ngiyzifela Ngawe”.

In Maart 2022 het Paige haar regsgraad verwerf en meer onlangs haar liedjie “Phakade“ saam met ’n musiekvideo vrygestel.

Moenie hierdie vertoning misloop waartydens Paige saam met verskeie kunstenaars in Windhoek sal optree nie!

Kaartjies is tot 30 November vooraf beskikbaar teen N$500, of daarna teen N$550 via eticket.my.na.

’n Naweekpas wat die Jazz on the Lawn-vertoning op 3 Desember insluit, is ook beskikbaar teen N$900 tot 30 November en N$950 daarna.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!