Foto Facebook
Foto Facebook

Sekelbos-fees om die draai

Yandi Du Plessis
Otjiwarongo kan uitsien na die Sekelbos TOPS-fees wat komende Saterdag (19 November) aan die buitewyke van dié dorp plaasvind.

Die feeshekke open reeds om 11:00 en benewens optredes deur groot plaaslike en internasionale kunstenaars soos Stefan Ludik, Eloff, Die Flooze en die mansgroep Adam, beloof die dag allerlei prettige aktiwiteite in die vorm van ’n bierdrink- en rissie-eet-kompetisie, asook ’n Mej. Sekelbos- en Mnr. Bene-kompetisie.

Ná die optredes kan feesgangers vanaf 22:00 tot laat skoffel!

Daar sal ook perd- en ponieritte en ‘n waterglybaan wees om die jongspan besig te hou, asook ’n verskeidenheid stalletjies met iets in elkeen se smaak.

Kaartjies is te koop by Theo’s Superspar teen N$150 vir volwassenes of N$50 vir skoliere.

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!