Sielskos vir die naweek

Die Suid-Afrikaanse aktrise Jill Levenberg, wat Mymoena Samsodien in die kykNET-sepie Suidooster speel, kuier vandag en môre in Windhoek en Rehoboth.

Sy lewer vanaand om 19:00 ’n motiveringspraatjie met die tema “An injury to one is an injury to all” by die NG-kerk in Pionierspark. Kaartjies kos N$200 per persoon en sluit ’n ligte ete in. Gaste kan tussendeur ook uitsien na kreatiewe dans-, koor- en orkesoptredes.

Môre om 15:00 bied sy haar praatjie by die Origo Laerskool-skoolsaal op Rehoboth aan. Toegang is N$50 per volwassene en N$30 per skolier.

Die aktrise, wat die titelrol in die rolprent Ellen: The Ellen Pakkies Story vertolk het, het ’n hart van goud en bied oor naweke dramaklasse vir minderbevoorregte kinders in die Kaapse Vlakte aan. Juis om dié rede sien sy geweldig uit om veral die jeug van Rehoboth te inspireer met haar passie vir drama en toneelspel.

Vir enige verdere navrae, kontak El-Dan Events per WhatsApp by 081 367 5357 of per e-pos by [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!