'Skeleton Coast' nou in plaaslike teaters
Iréne-Mari van der Walt en Michael Kayunda – Namibiërs het nog tot 31 Januarie om die fliek Skeleton Coast in Ster-Kinekor se teaters te sien voordat die fliek sy verskyning op ’n internasionale stromingsplatform sal maak.
Een van die fliek se vervaardigers, Panashe Daringo, sê hy kan weens vertroulikheidsooreenkomste nog nie die aap uit sy mou laat nie en diegene wat die fliek vanuit die gemak van hul rusbank wil geniet, sal ’n bietjie langer moet wag voordat dié stromingsplatform bekend gemaak kan word.
Dit volg ná ’n suksesvolle première in Windhoek in Desember en voor dit sy debuut by die ikoniese Cannes-filmfees.
Die fliek spog met ’n multinasionale rolverdeling – insluitend die Amerikaanse akteur Eric Roberts wat buiten vir 700 rolprentverskynings ook rolle in The Expendables en die Batman-rolprent The Dark Knight vertolk het; en Namibiese akteurs soos onder meer Armas Shivute Armas en Tjuna Daringo.
Die Suid-Afrikaanse akteurs Thapelo Mokoena en Cindy Mahlangu asook die Nollywood-ster Ini Dima-Okojie vorm ook deel van die fliek se rolverdeling.
“Dit was goed om te sien hoe verskillende kulture bymekaarkom en saamwerk asook om te sien hoe mense en die omgewing ’n fliek kan verander,” het Panashe gesê oor sy ervaring met die fliek se multinasionale rolverdeling en span.
Armas sê hy het geweldig baie op Skeleton Coast se stel geleer en vertel oor sy ervaring met Roberts: “Hy kom nie voor soos die ander bekendes met groot name nie. Hy was gewoon en het ons baie vinnig gekomplimenteer wanneer ons goed gevaar het.”
Tjuna sê sy is geweldig trots op die gehalte van die fliek.
“Talle mense sê hulle kan nie glo dis ’n Namibiese fliek nie weens die gehalte,” sê sy.
Tjuna glo egter dat flieks van hoë gehalte nie buite die bereik van die plaaslike filmbedryf is nie.
“Ek het tydens die skiet van die film gekyk hoe diegene van ander lande net inspring en werk – hulle hou net aan totdat dit klaar is. Ek dink dis omdat hulle ernstig oor hul werk is.
“As ons onsself so ernstig kan opneem, sal ondernemings ook die Namibiese filmbedryf ernstig kan opneem as ons finansiering soek,” het sy gesê.
Mondjila Studios in samewerking met Nigerië se Play Network Studios het die fliek vervaardig en volg ’n groep wetenskaplikes wat aan die Skedelkus op soek is na ’n mitiese edelsteen – blunamite – wat glo iewers aan die Namibiese kuslyn gevind word.
Nadat een van die groep dood aangetref word, worstel die groep met die vraag of een van hulle die skuldige is en of die Skedelkus hulle probeer waarsku.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie