Skep diere uit koffiekapsules
Die kunstenaar Morris Kamanga het vier jaar gelede ’n halssnoer onder oë gehad wat uit gebruikte Nespresso-koffiekapsules gemaak was.
Hy het onmiddellik begin dink aan ontwerpe van diere wat uit dié kapsules gemaak kon word.
“Ek maak diere en die laaste paar jaar het ek al my kuns uit herwinbare materiale gemaak. Dus het die kapsules onmiddellik met my gepraat.”
Morris het voor hy met die kapsules begin werk het, kunswerke uit skrootmetaal gemaak.
“Ek het nie die tyd om die materiaal te versamel nie. Dus het hawelose mense dit vir my bymekaargemaak. Ek gaan laai dit by hulle op en betaal hulle vir die materiaal. So kry hulle geld en maak die omgewing skoon.”
Morris kry sy Nespresso-koffiekapsules gratis by Manrico Select in Windhoek.
“Ek gaan laai dit by hulle op. Dan druk ek dit plat, druk gate in en omskep dit in ’n dier. Kameelperde is my gunstelingdiere om te maak, maak nie saak uit watter materiaal nie.
“Die grootste dier wat ek al van kapsules gemaak het, is ’n lewensgrootte baba-olifant wat my 340 ure geneem het om te maak. Ek het nie eens getel hoeveel kapsules ek vir dié skepping platgedruk het nie.”
Morris verkoop en maak sy skeppings al vir die afgelope agt jaar by die Craft Center in Windhoek.
Manrico Select verkoop die afgelope 12 jaar Nespresso-kapsules en -masjiene en is die laaste 10 jaar by herwinning betrokke
Ricardo Coelho sê mense neem hul gebruikte kapsules terug na die winkel.
“Ons maak die kapsules oop en haal die koffiemoer uit. Dit gee ons vir die kwekerye vir kompos. Die kapsules is van 100% aluminium gemaak en is dus ’n gewilde herwinbare materiaal. Ons gee dit gratis vir die kunstenaars en die geld wat hulle uit hul skeppings genereer, is hulle geld. Ons maak nie geld uit die herwinning nie.”
Manrico het 40 olifante en renosters vir al die Nespresso-boetieks in suidelike-Afrika laat maak.
“Herwinning is vir ons as besigheid en vir Nespresso as die vervaardiger, baie belangrik. Mense is welkom om hul gebruikte kapsules by ons winkel te kom afgee.”
“Ek is mal daaroor om met herwinbare materiaal te werk. Ek maak die omgewing skoon en terselfdertyd verdien ek geld.
“Ek wil volgende iets uit plastiek skep; dalk ’n wasgoedmandjie met ’n draadraamwerk en plastiek.
“Ek wil elke Namibiër aanmoedig om sy deel te doen om die land skoon te hou. Moenie by bottels of blikke verbyloop en maak asof jy dit nie raaksien nie. Tel dit op en gooi dit weg. Saam moet ons die land skoon hou. Doen iets en hou op om te wag dat die regering of iemand anders iets vir jou doen,” het Morris mee afgesluit.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie