Skoffel saam by The Tannery
Dié wat wil vellies afstof en sokkie soos in die ou dae, kan uitsien na ‘n Boeredans wat eerskomende Vrydag 9 September by The Tannery Windhoek se funksielokaal aan die buitewyke van die hoofstad aangebied word.
Kom maak jou litte los op die klanke van Wouter de Bruyn en geniet smullekker boeregeregte! Die dans beloof pret vir jonk én oud – bring vir Ouma en Oupa en skop bietjie meel, of gee vir Ma die aand af en bederf haar met ‘n bietjie “Kaalvoet Sokkie”.
Hierdie geleentheid kan jy nie misloop nie!
Behalwe vir die lekkerluistermusiek en boerekos, sal daar dié aand ook groot pryse te wen wees en later ‘n veiling, want wat is ‘n boeredans sonder een?
“Ons wil vir mense in die gemeenskap die kans gee om mekaar te leer ken soos in die ou dae. Dit is belangrik om jou bure te ken en ons glo hierdie is ‘n goeie geleentheid om na die afsondering en die alleenheid van die pandemie en inperkings weer regte mensebande te bou.
“Ek voel die lekkerte van samesyn waarvan Covid ons beroof het, moet ons nou weer aanleer. Ek dink altyd terug aan die ou dae op die plaas met skuurdanse en stofpad-pret en ons wil dit weer in ons gemeenskap vestig. Almal werk hard en verdien om 'n aand saam met vriende te geniet!” sê Juretha van der Westhuizen, een van die organiseerders.
Toegangskoste beloop N$2 500 per tafel vir ’n maksimum van 10 mense, of N$300 per individu. Onthou, jy kan slegs jou tafel bevestig wanneer jy bespreek. Die pret begin om 18:30 vir 19:00.
Vir enige navrae, kontak Shene by 081 667 1804 of Juretha by 081 432 9086.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie