Skop rooiduin-stof op by die Kalahari Vastrap
Naweek vol aktiwiteite en optredes
Die “grootste musiekgeleentheid in die Kalahari” vind weer vandag en môre (Vrydag en Saterdag) op Farm Veronica naby Blumfelde plaas.
Die Kalahari Vastrap is vanjaar met mening terug en beloof vermaak deur verskeie plaaslike en internasionale kunstenaars en ander prettige aktiwiteite vir kinders, volwassenes, en almal in die middel.
Wynand en Cheree, Synth Peter, die Radio Kalahari Orkes, Petrus Ludwig, Leon Jacobs, Jyed, John Rock Prophet, DJ Chopper en Cee Jay Jacobs sal vir die naweek se musiek sorg.
Fiksheidsfoendies kan hul fietse inlaai en tekkies inpak en die rooi Kalahari-sand môreoggend aandurf vir ’n bergfietsresies of pretdraf.
Ouers wat aan die naweek se verskeie ontspanningsaktiwiteite wil deelneem, kan sonder skuldgevoel hul kinders in die toesig van die “Kidz Zone” laat, waar die jongspan kan besig bly met springkastele, kindersport en aktiwiteite soos sokker, vlugbal, krieket, pottebakkery, veldkuns, opvoedkundige boswandelings en meer.
Volwassenes en tieners kan deelneem aan aktiwiteite soos lyndans- tradisionele danssessies; trom- en marimba-speelsessies; die J.C. Le Roux sjampanje-ontbyt môreoggend; joga-, asemhaling- en meditasiesessies; kuns, verf en pottebakkery en ’n skattejag vir die hele gesin.
Die eerste Kalahari Vastrap is in 2019 gehou tydens die erge droogte waaronder Namibië gebuk gegaan het – in die strewe om die gemeenskaplike gemoedere te lig as ’n gebaar van hoop, inspirasie en Namibiese eenheid.
Die geleentheid was uit die staanspoor ’n groot sukses en ná vele navrae het die organiseerders besluit om weer hierdie grote te laat realiseer. “Ons kan nie wag om enigiemand terug te verwelkom wat Namibië en sy mense nog meer wil vier nie.”
Kaartjies vir die volle naweek kos N$1 000 per volwassene en sluit in kampeerplek, vermaak, alle aktiwiteite en ’n Kalahari Vastrap T-hemp.
Meer inligting oor alternatiewe pakkette en kaartjies is by www.aruvastrap.com/tickets beskikbaar. Vir meer inligting, besoek aruvastrap.com.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie