Skryf dit in jou dagboek
ELKE WEEK
*Elke Saterdag tussen 07:00 en 12:00 word die Bio-Markt/Green Market by die Stephanus-kerk in Dr Kenneth Kaundastraat aangebied.
*Geniet elke Sondag koffie en koek by Farm Krumhuk. Dit kos N$80 vir volwassenes en sluit 2 stukke koek en “bottomless” koffie of tee in. Toegang vir kinders onder 6 is halfprys. Vir meer inligting, kontak 061 233 645. Besprekings is noodsaaklik vir groepe groter as 7.
NOU AAN DIE GANG
*Die Everyday Life-uitstalling kan tot 4 Junie by die Nasionale Galery (NAGN) besigtig word.
*Do You Hear Us Now - ‘n multimedia-uitstalling deur die Kongolese kunstenaar Genese Siuna wat lig werp op die uitbuiting van kinders in die DRK deur die mynbedryf, en die burgermaggroepe wat hulle dwing om kindersoldate te word – kan tans by Café Prestige (by die FNCC) besigtig word. Die uitstalling is oop vir die publiek en duur tot 31 Mei.
VANDAG
*Die jaarlikse Nama-kultuurfees vind nog vandag by die Westdene-stadion in Keetmanshoop plaas. Kaartjies beloop N$20 via webtickets.com.na.
VANDAG EN MôRE
*Die finale rondte van die Erongo Got Talent-kompetisie met sang, dans en drama/toneelspel vir laer- en hoërskoolleerlinge (graad 5 - 12), vind by Hoërskool Coastal in Swakopmund se skoolsaal plaas.
MôRE
*’n Kattebak-uitverkoping (geen klere) vind vanaf 08:00 tot 11:00 by Joe’s Beerhouse plaas. Registreer by [email protected].
*’n Heeldagmark en Chili Fest vind vanaf 10:00 tot 20:00 by Tiger Reef in Swakopmund plaas. Vir meer inligting, kontak 081 129 0029 of [email protected].
*Die “Narrenwecker” ofte wel die “ontwaking van die karnavalnarre” wat die jaarlikse Küska-karnaval op Swakopmund (17 - 25 Junie) amptelik afskop, vind in Sam Nujomalaan plaas.
27 – 29 MEI
*Die Spitzkoppe Mountain Tented Camp bied die Between a Rock and a Hard Place-musiekfees aan met die platejoggie Patrik Berg van Keulen, Duitsland, as die hooftrekpleister. Drie ander internasionale DJ's, Dylan Munro en die Coyote-duo van Kaapstad, en Noazem van Keulen, Duitsland, sluit by hom aan. Kaartjies word regstreeks via www.barhpnam.com verkoop.
3 JUNIE
*Sluit vanaf 19:00 aan by die wyn- en vleisfees by Wanderers in Windhoek ten bate van nasionale droogtehulp. Die geleentheid duur die volgende dag (4 Junie) vanaf 09:00 voort, met lewendige vermaak en demonstrasies oor hoe om jou gunsteling-vleisgeregte voor te berei, saam met vele vermaak vir die kinders en premierliga-rugby (Wanderers vs United). Vir meer inligting, kontak 061 242 069 of [email protected].
*In hierdie maand se Night Under the Stars-sessie tree die M-Ghyss-jazzkwintet by die Goethe-instituut in Windhoek op. Die konsert begin om 19:00 en kaartjies kos N$20 by die deure.
*Sluit aan by ‘n wynproesessie by The Wine Bar & The Wine Shop wat vanaf 18:00 tot 20:00 aangebied word. Die toegangsfooi is N$120 per persoon en besprekings is noodsaaklik. Kontak Irvine by [email protected] of 061 226 514.
4 JUNIE
*Die Standard Bank KH-Xtrail wat deur OTB georganiseer word, vind vanaf 08:00 tot 17:00 by Farm Godeis plaas. Kaartjies is via events.otbsports.com beskikbaar.
*Die vierde sessie van die Gravel & Dirt MTB & Run vind vanaf 08:00 by Okajo Safari Lodge (naby Wilhelmstal) plaas. Besoek https://rockandrut.org/contact/ vir meer inligting.
*Die immergewilde Windhoek Boeremark vind vanaf 08:00 tot 13:00 by die Windhoek Skougronde plaas. Toegang beloop N$5 vir volwassenes en is gratis vir pensioenarisse en kinders. Rig alle navrae aan Esme by 081 277 8677 of [email protected]. Ander markdatums is 2 Julie, 30 Julie, 3 September, 8 Oktober, 29 Oktober, 3 Desember en 10 Desember.
*Sluit vanaf 09:00 aan by ’n groot rugbydag by die Hage Geingob-stadion in Windhoek, met bulletjie-rugby, vrouerugby, rasieleiers, ‘n Old Boys-huldeblyk en ‘n skepskopkompetisie, wat uitloop op die Welwitschias se kragmeting met die Vodacom Blou Bulle. Kaartjies is teen N$40 via webtickets.com.na beskikbaar.
*Die legendariese Suid-Afrikaanse blues-sanger en rockkitaarspeler Albert Frost tree in Swakopmund by Sound Garden op, met sy plaaslike eweknie Riaan Smit wat vir hom sal open. Die optrede begin om 19:00 en kaartjies beloop N$180 via webtickets.com.na.
*Droombos bied ’n dagmark aan met ‘n groot verskeidenheid stalletjies waar alles van heerlike kos tot handgemaakte items te koop sal wees. Die mark duur vanaf 08:00 tot 14:00. Rig alle navrae aan Katrienka by 0811440488.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie