Skryf in vir internasionale jeugvideofees
Die Verenigde Nasies (VN) het aangekondig dat inskrywings vir vanjaar se PLURAL Jeugvideofees nou oop is.
Die sperdatum is 30 Junie 2023.
PLURAL, 'n gesamentlike inisiatief van die Verenigde Nasies Alliansie van Beskawings (UNAOC) en die Internasionale Organisasie vir Migrasie (IOM), nooi inhoudskeppers van 25 jaar en jonger om oorspronklike en kreatiewe video's van vyf minute of minder in te dien waarin die temas van migrasie, diversiteit, sosiale inklusiwiteit en ander globale kwessies onder die loep geneem word.
Deur 'n internasionale beoordelingspaneel van bekende kundiges en mediapersoonlikhede, sal UNAOC en IOM gesamentlik PLURAL-onderskeidings toeken aan een uitstaande video in elk van die drie ouderdomskategorieë (tot 12; 13 tot 17; en 18 tot 25 jaar oud).
Daarbenewens sal drie spesiale erkennings vanjaar toegeken word: die spesiale erkenning vir die bestryding van xenofobie en diskriminasie; die spesiale erkenning vir sport vir een mensdom; en die spesiale erkenning vir migrante se bydraes tot samelewings.
UNAOC hoop om video's van jongmense van regoor die wêreld te ontvang.
Besoek https://pluralplus.unaoc.org/ vir inskrywingsbesonderhede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie